FOTO Instagram / @littlelizziev

FOTO Instagram / @littlelizziev

Het jy gehoor?

Wat laat “die wêreld se lelikste vrou” mooi voel?

Wat ’n inspirasie! Wil jy weet wat die eens “lelikste vrou in die wêreld” mooi laat voel? Lizzie Velasquez het op 17-jarige ouderdom in ’n video aanlyn verneem van haar titel as die wêreld se lelikste vrou en duisende negatiewe kommentare oor haar voorkoms gelees. Maar dié titel het haar daartoe gedryf om ander mense te inspireer.

’n Skaars genetiese toestand, neonatale progeria-sindroom (neonatal progeroid syndrome), is met geboorte by Lizzie gediagnoseer. Dié sindroom gee jou ’n verouderde voorkoms. Dit tas haar gesig, spierweefsel, brein, hart, oë en haar beenmassa aan, berig Daily Mail. Die kondisie laat haar ook nie toe om gewig op te tel nie. Daarom weeg sy op sowat 1,3 m ’n skrale 30 kg, berig Daily Mail.

Hoewel sy haar hele skoolloopbaan lank oor haar voorkoms geboelie is, het sy die video 10 jaar gelede aaklig gevind. “Ek was baie kwaad en het nie geweet hoe ek sou herstel nie. Dit het my jare geneem, maar ek het uiteindelik die moed gehad om my ondervinding in iets goeds te verander”, het Lizzie aan Sunrise Live gesê.

Op 27 het sy reeds 3 boeke geskryf en het onlangs haar dokumentêre film, A Brave Heart: The Lizzie Velasquez Story uitgereik. Sy het ook ’n antiboelie-veldtog, I’m with Lizzie: Influencers Against Bullying, begin en het ondersteuning van baie celebs gekry. Bekendes soos Chris Hemsworth, Kristen Bell, Hilary Duff, Eva Mendez en selfs Antonio Banderas ondersteun haar!

Kyk die video hier:

 

A photo posted by Lizzie Velasquez (@littlelizziev) on

Dié motiveringspreker is ’n inspirasie vir baie. Sy het nie toegelaat dat ander se negatiewe siening oor haar vookoms haar definieer nie. Maar wat laat haar mooi voel? “Jy het jou persoonlikheid, jou waardes en jou drome. Dít is wat jou mooi maak.”

Kyk Lizzie se inspirerende Allure-video hier:

Besoek Lizzie se webtuiste of volg haar op Instagram by @littlelizziev om meer oor haar uit te vind.

Bronne: Daily Mail, Allure, Teen VogueDaily Mail

Lees nou

Viola Davis as kind geboelie

TV-vroue bedank – is hulle geboelie?

  • Lucinda Cierenberg

    Vir my is sy beeldskoon. Lizzie het die sagste en eerlikste oe, mens sien dit deesdae nie meer baie nie. Haar glimlag helder haar hele gesig op!! Sy begin die video met hoe sy na modelle gekyk het en gesien het wat skoonheid vir die wereld is. soveel jong meisies en vrouens sien ook hierdie modelle en begin ‘n wrok kry oor hulself. Daar is niks fout met hulle nie, maar die wereld leer hulle om hulle eie liggame te haat. Mens probeer jong meisies leer dat skoonheid van binne kom (nou nie soos Hannon sou se nie), maar dan kom sosiale media met hulle modelle wat gephotoshop is en verwyder die hele punt van skoonheid. Deesdae wil meeste meisies perfek wees. hulle wil die perfekte lyfie he, die perfekte hare, gesig, alles. ek was self ‘n slagoffer daarvan. ek het vir dae nie geeet nie, elke diet gevolg wat ek kon kry, ure in die gym spandeer. Ek het myself en my identiteit letterlik gehaat. ek het baie by my ma gehuil dat ek net perfek wil wees. Ek het deelgeneem aan kompitisies om net erkenning te kry, half kaal gestaan dat my lyf gejudge kan word en om net te voel ek lyk nie goed genoeg nie, ek moet harder werk. Ek het toe begin voel dat my identiteit nie goed genoeg is vir die wereld nie… Toe begin ek my identiteit soek in God. Alles het verander van daardie oomblik af, omdat ek nie mer deel is van hierdie wereld nie, maar deel is van ‘n baie groter familie en omdat my DNA en identiteit nou uit God is. Die vyand lieg vir ons, hy vertel ons dat ons nie goed genoeg is nie, maar God kom en se in sy woord You are fearfully and wonderfully made Ps 139:14. Ek wens elke meisie kan hierdie woorde hoor en dit glo, dan kan enige wereldse kritiek nie meer houvas plek kry nie. Ek glo nou dat mens nie ‘n mooi lyf, reguit wit tande en mooi hare hoef te he om perfek te wees nie. Om perfek te wees is baie eenvoudiger as dit. Vind God, Hy gee vir jou ‘n identiteit en purpose. Jesus het aan die kruis kom sterf dat ons o.a. ‘n persoonlike verhouding met God kan he. Wanneer ons tyd spandeer in die allerhoogste, in die teenwoordigheid van God, groei ons en vorm ons tot ons volle potensiaal. almal van ons het talente, God wil he jy moet daardie talente tot Sy eer gebruik. Ek wens elke meisie en vrou wil besef dat hulle identiteit in God is. Hou op om na jou foute en mislukkings te kyk, maar begin te kyk in die oe van LIEFDE.