img_0186
Het jy gehoor?

Wat mense sê: “Ek is ‘n wit sangoma, heks” – SA vroue vertel

Geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie kan sien nie. Daar is ‘n paar misterieuse geloofsooruigings daar buite waarvan ons baie min verstaan en met vyandigheid bejeen word. Janie voer ‘n oopkop-gesprek hieroor en gesels met Donna “Dark Wolf” Vos, ‘n hedendaagse heks, en ‘n wit sangoma, Anel Hamersma.

Ouderdomsbeperking van 13

JY KAN SAAMGESELS
Wanneer? Dinsdag 11 September 21:00 op kykNET.
Wat sê jy? Jy kan direk ná elke program op sarie.com, Facebook en Twitter saampraat oor die onderwerp wat Janie bespreek het.
Het jy ‘n storie? Deel jou verhaal op die gespreksforum “Wat mense sê” op sarie.com

 

Donna "Darkwolf" Vos

Donna “Dark Wolf” Vos

Janie gesels met Donna "Darkwolf" Vos en Carmicca Ajudante

Carmicca Ajudante (regs) en Donna “Dark Wolf” Vos (links) gesels met Janie du Plessis

Anel Hamersma

Anel Hamersma, ‘n sangoma


  • Lititia

    Ek weet nie hoe julle ander mense voel nie, maar Janie bied die program regtig baie vervelig aan. Sy kan net ‘n bietjie meer toon en opwinding in haar stem sit.

  • Carina

    Ek kon gisteraand nie my oë en ore glo wat ek op die program gesien en gehoor het nie. Mense gaan na ‘n sangoma omdat hulle "so moeg is"? Hekse? Wat van gaan op jou knieë en vra vir God se genade? Ek stem saam, Janie is vervelig. In my lewe sal ek nooit weer die program kyk nie. Ek is verstom oor die strooi wat hulle aanbied.

  • Carmicca Ajudante

    Ek wil graag vir Janie dankie sê vir die geleetheid wat sy ons gegun het om ons kant te stel. Sy het ‘n oopkop gesprek gevoer en die feite op die tafel gesit.
    Elke program het sy diversiteit nodig en ek dink dat Janie ‘n verstommende goeie werk doen. Om iemand te oordeel oor een program is werklik ook nie mooi nie. Ek dink sy is ‘n ongelooflike vrou met baie "guts". Baie wil weet, maar bitter min het die vrymoedigheid om te vra.
    Janie, dankie vir die kans om op jou program te kon wees, dit was ‘n eer. Mag "Wat Mense Sê" van krag tot krag gaan!

  • Edward Winter

    Janie Du Plessis is werklik een uit ‘n honderd om so ‘n onderwerp aan te durf. Ek het werklik die program geniet en was so trots om te sien hoe selfs my geloof op tv verteenwoordig word. Hopelik sal daar nou mense op staan en besef dat ons tog nie die monsters is wat baie ons uitmaak om te wees nie, en dat ons net daar is om te help en te lewe soos die ander. Ons het ook families en vriende, werke dit is net ons gelowe wat verskil.

    We have never discredited the Christian God, neither has the Christian pagans. Its remarkable how openly the Christians want to assault the pagans and try to convert them by such means. Reminds me of the old times when witches were burned, never were Christians burned. We still love all as the Goddess desires us to love and assist all. Jesus also did his miracles by using the four elements and that is one of the reasons whywe treasure and respect the four elements (earth, air, fire and water). We do not evangelize and we do not force people into our religion. Whydoes most wish to constantly assault us and force us on their path. To each his own. Learn to allow your God’s light shine through you and not through your words, stop judging and allow eachone to liveMatteus 7:1-5
    "Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met die selfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
    Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer se: Wag lat ek die splinter uit jou oog uithaal, en intuseen is daar ‘n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit haal."
    Mag die God en Godin julle almal reiklik seen!

  • SUSAN Muuren

    Ek het die program nog nooi gekyk. Nr 1. Ek was laas baie teleurgestel met al die nuus berigte oor Janie en Sally Little die golf speler. Ek het jammer vir haar seuns gevoel…..so my gevoel, ek stel nie belang.

    Nr 2. Manda haal weer n tydskrif, die keer die Sarie. Nie juis simpatie met haar. S y is n volwasse vrou, wat n seun verlei het…ja die seun was vatbaar. Met n man, wolgens haar nie elke dag vir haar mooi woordtjies gefluister het. Haar hormone het met haar weggehartloop….soooooo. So ons ken die hele storie. Plaas sy aangaan met haar lewe en ophou saaaanik

    SUSAN.

  • Annelien

    Ek dink Janie as persoon is great en die program "Wat mense sê" is net so ‘n goeie insigewende program. Kan nie wag om die program elke week te sien.Ek hoop die program gaan nog baie lank aan hou.