Het jy gehoor?

Wat mense sê met Janie: Bekende aktrise oor selfdood

*Kenners en betrokkenes met wie SARIE gepraat het, het laat blyk dat die term “selfdood” verkies word bo “selfmoord”, waaraan daar ‘n onnodige stigma kleef.

“Jy dink jy doen hulle ‘n guns, maar jy maak hulle seerder as wat jy dink as jy gaan. Daar is ‘n uitweg. Al voel jy jou lewe kan nie meer aangaan nie. Al is dit vir jou so moeilik, gaan sien ‘n dokter, praat met iemand. ‘n Mens moet dink wat jy doen aan jou geliefdes.” – aktrise Carien Botha se raad aan mense wat wil selfmoord pleeg, na haar pa se eie selfmoord.

Danny Nortjé-Rossouw, lektor aan die Universiteit van Pretoria, se ma, pa, broer en tannie het selfdood gepleeg. Janie du Plessis praat op 21 Augustus met hom op kykNET. Oor dié onderhoud sê sy:

“Ons het vooraf baie navorsing gedoen. Maar sjoe, niks berei jou voor vir wanneer jy voor daardie mens sit en hy sy storie vertel nie. Die swaar ding is om die regte vrae te vra. Hoe weet jy wat is die regte vraag? Daar is so baie.
“Mense kan maar sê jy moet jou losmaak, nie betrokke raak nie. Dat dit jou werk is. Maar dis skokkend hoe dit jou raak as jy daar sit. Om regtig kontak te maak met die mens oorkant jou moet jy luister asof jy in jou sitkamer is. Jy moet jou afsluit van die ligte, die kamera, die gehoor. Ek moes ’n paar keer hard aan die trane sluk.
“Dit is hartverskeurend om te sien hoe dapper Danny veg. En hy gaan waarskynlik sy lewe lank daaraan moet werk. Hoe vergeet jy wat gebeur het en beweeg aan? Jy sit en luister en dink: As hy dit kan doen, kan ek mos ook.

“Jy sit daar met jou eie probleme, jou eie stories. En die een wat sy storie vertel, maak dit wat stukkend is, gesond. Nie net vir die mense in die gehoor en in hul sitkamers nie. Maar ook vir my.”
Lydia van der Merwe

Klik by www.kyknet.co.za vir meer

Kyk WAT MENSE SÊ MET JANIE
Dinsdagaande om 21h00 op kykNET


[box:full:red:both]

In die September-uitgawe van SARIE gesels ons met lesers wat hul geliefdes aan selfdood afgestaan het.

DEEL JÓÚ storie met ons op sarie.com

[/box]

  • Annoniem

    Ek weet nie of ek hierdie kommentaar na die regte plek toe stuur nie maar so paar weke so ek beter geweet het wat ek doen.

    Ek lei al vir langer as 20 jaar aan depressie. Ek het baie selfmoord gedagtes en het twee keer al probeer pille drink en die derde keer my self probeer met die klokkie se tou in die hospitaal.

    Ek het middel Julie so gespog dat ek 365 dae hospitaal skoon is. Ek het net myself gebluf. Ek is so depressief dat ek te moeg is om asem te haal. ek het al my werk verloor deur hierdie siekte. Ek is so eensaam en alleen want ek glo niemand wil met my vriende wees nie. Ek is al twaalf jaar geskei en daar was nog nooit iemand spesiaals nie. Ek kan nie ‘n halwe mens aan ‘n ander offer nie. Ek het ook al meer as 30 skokbehandelings deurgaan. Ek raak soms so deurmekaar dat ek nie kan onthou nie, ek kan nie die pad vind huistoe of werk toe, ek kan nie mense se name onthou en as ek oor iets gesels verloor ek die draad van my storie halfpad deur die gesprek. Ek kan soms ‘n spesifieke artikel se naam onthou nie soos ‘n sker, mes of so iets simpels. Gelukkig het my kinders deur die jare geleer hulle ma praat snaaks en dan sal hulle bv. vir my se "soek mamma na die sker?"

    Ek werk vir ‘n baie dinamiese vrou en geniet my werk baie maar sy verstaan nie waardeur mens gaan nie. Al die dames en die man in ons kantoor trek so mooi en netjies aan en jy sorg net dat jy skoon is. Ek was nog altyd baie gesteld op my voorkoms en my hare en skoene. Nou sal dit niks van my vat om my hare sommer met ‘n knippie vas te steek nie. Ek het ook baie gewig verloor en strek sommer aan wat my hand raakvat in die kas. Hoe ek lyk gee ek nie om meer nie.

    Drome en ideale en uitsien na is lankal iets van die verlede. Hier waar mens veronderstel is om te voel in jou liggaam is net een swart kol. Ek weet nie meer hoe die swart te verruil vir ‘n mooi helder kleur nie.

    Nou ja ek het vertel en as hierdie e-mail iemand bereik gooi dit in die snippermandjie want dis net nog ‘n storie deur ‘n verlore siel.

    Groete

  • Sandri

    Anomiem, ek hoop van harte jy kom terug hierheen om te lees. Erens, iewers gaan daar iemand wees wat jou kan help. Jy sal net die lewe moet behou en aanhou soek. Ek het sukkel self met depressie en het nou die dag op die internet gelees van ‘n boek – The Ultimate guide to depression, of so iets. Van die beskrywing van die boek ly ek af dat hulle nie vir jou die dom raad gee van – "hou net moed", "more gaan dit beter" "neem ‘n vakansie" nie. Ons depressie lyers raak kwaad as ons sulke goed hoor, en val net verder af in die gat.

    Sonder help kan ons nie hierdeur kom nie, maar ook nie sonder samewerking van jouself nie. Sien elke dag iets moois, of sê iets positiefs, al sê jy net vir jou kinders jy is lief vir hulle. Dan kan net een dingetjie op ‘n dag wees.

    My hart bloei vir jou, ek hoor jou en voel saam met jou.

  • MARIE-LOUISE SCOTT

    SELFMOORD VAN ‘N GELIEFDE MAAK DAT JY WAT AGTERBLY VOEL OF JY NIE ARMS HET NIE. JY KAN NIE ASEM HAAL NIE. JY KAN NIE MOOI SIEN NIE. DIT IS HOE EK GEVOEL HET NA MY KLEIN BOETIE WAT MY MAAT WAS OP NUWEJAAR SY LEWE GENEEM HET. ONS HET SAAM SKOOL TOE GELOOP EN GESPEEL. HIERDIE MAN WAT HULLE MY VAN VERTEL HET, HET EK NIE GEKEN. HY HET OOK JARE DEPRESSIE GEHAD EN NA ‘N EGSKEIDING SY LEWE BEEINDIG. MAAR DIE DOMINEE WAT DIE DIENS GELEI HET, HET DIT SO MOOI GESTEL. HY HET LANK GENOEG GELEEF EN HY HET BESLUIT DIT IS GENOEG. MAAR DIT IS VERSKRIKLIK VIR DIE WAT AGTERBLY. DINK MAAR EERS AAN DIE WAT AGTERBLY. OF BEL MY AS JY DIT OORWEEG.

  • Dolk

    Baie tragies – om ook nou van sy dood te lees…