FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wat is Sandra se gunsteling-rol? PLUS nuwe TV-reeks daarvan gemaak

Sandra Bullock is nie net ’n groot filmster nie, sy vervaardig ook TV-reekse soos George Lopez. Én nou gaan haar gunsteling-grootskerm-karakter dalk kleinskerm toe!

Sandra wil glo haar rol in Miss Congeniality, die FBI-agent Gracie Hart, as inspirasie gebruik vir ’n nuwe TV-reeks wat sy wil vervaardig.

MV5BNzA5NTAwNDc4MF5BMl5BanBnXkFtZTYwNzM0OTg4._V1_SY475_SX263_

’n Bron wat saam met Sandra aan dié projek werk, het gesê die TV-projek is iets tussen die fliek Bridesmaids en die TV-reeks 24.

Sandra geniet dit om vroulike FBI-agente te speel soos in Miss Congeniality en The Heat. G’n wonder sy wil dié konsep kassie toe bring nie.

Wat dink jy? Sal jy Gracie Hart op die kleinskerm wil sien?

Nóg films wat TV-reekse geword het

  • About a Boy
  • Fargo
  • Bad Teacher
  • Buffy the Vampire Slayer
  • Clueless
  • Ferris Bueller’s Day Off
  • Friday Night Lights
  • Honey, I Shrunk the Kids
  • MASH
  • From Dusk Till Dawn

Bronne: The Hollywood Repoter, Perez Hilton