FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wat sê Nigella oor die dwelm-bewerings?

Dit was ’n moeilike jaar vir die bekende televisie-sjef Nigella Lawson. Eers het foto’s aan die lig gekom van haar eksman wat haar aan die nek gewurg het, daarna het sy van hom geskei én nou is sy midde-in ’n lelike hofsaak gewikkel.

Twee susters wat Nigella se assistente was, word van bedrog beskuldig. Dié twee het blykbaar geld by Nigella se eksman Charles Saatchi gesteel en hulle beweer die 53-jarige sjef het hulle daarmee gehelp. Haar motief? Sy het hulle glo gehelp om die geld te verdoesel sodat hulle haar dwelm-misbruik geheim hou.

NigellaVolgens hulle het sy kokaïne, dagga en voorskrif-medikasie vir langer as ’n dekade misbruik. Charles het nadat dié bewerings in die hofsaak aan die lig gekom het vir Nigella in ’n e-pos gesê hy glo alles wat dié twee sê. Hy het haar ook blameer vir haar 19-jarige dogter, Cosima, se dwem-verslawing, berig The Mirror. Cosima, wat ook bekend is as Mimi, is Nigella se dogter uit haar huwelik met John Diamond. John het in 2011 sy stryd met kanker verloor. Nigella het in 2003 met Charles getrou.

Nigella se ondersteuners glo egter nie dié susters se stories nie en het haar op Twitter begin verdedig met die hashtag #teamNigella. Volgens aktiviste op Twitter probeer baie mans wat van mishandeling skuldig is, die vrou se karakter afbreek om die “sy-het-dit-verdien-verskoning” te gebruik.

Dié saak vind plaas in die eerste week van die internasionale veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Vir meer inligting oor dié veldtog, besoek hul Facebook-blad hier.

Sielkundige Louis Awerbuck blog oor geweld teen vroue. Lees meer hier.

Nigella het haar volgers op Twitter bedank vir hul ondersteuning.

Nigella*Die poniepers beweer dat Nigella se televisie- en boekkontrakte vir volgende jaar heroorweeg word, maar daar is nog geen bewys hiervan nie.

Bron: IDesign Times