Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO Instagram (@kunismilena)

Het jy gehoor?

Watter baba dink jy is Ashton Kutcher en Mila Kunis s’n?

Kan jy raai watter pienkvoet is Ashton Kutcher en Mila Kunis se Wyatt Isabelle Kutcher?

Die paparazzi maak dié akteurspaar, wat vroeër hierdie week hul eersteling verwelkom het, mal om die eerste foto van hul pienkvoet te kry. En daarom het Ashton besluit om self ’n foto van sy dogtertjie te deel – wel, soort van.

Hy het 8 foto’s van babas (en diere!) op sy webtuiste gedeel en gesê elkeen kan nou self raai watter een hulle s’n is. Hy het op Facebook geskryf:

Here’s your baby photo. Well, one of them is. Now can the helicopter please stop hovering over our house, there is a baby sleeping inside! And she’s super cute.

Op sy webtuiste maak hy ook haar naam bekend: Wyatt Isabelle Kutcher.

Kan jy raai watter een is Ashton en Mila s’n?

Bron: A plus en The Independent

Lees ook