Het jy gehoor?

Watter celebs hou almal van gholf speel?

Victor Matfield, kranige rugbyspeler, is een van die wat besluit om vandag op die gholfbaan deur te bring. Klink vir ons hy is net spyt  dat Jaques Fourie nie vandag kan saam speel nie, oor sy skouer.

Kurt Darren het selfs tydens sy onlangse toer in Australië ‘n paar gholfstokke saam met die Bokke op die gholfbaan in Brisbane geswaai.

Kurt Darren saam met die Bokke in Brisbane

Liezel van der Westhuizen van Idols-faam was vroeër dié week by die Vodacom Origins of Golf Tour saam met Emmanuel Castis en  Breyton Paulse waar hulle saam gholf gespeel het (saam op die foto hieronder).

Liezel, Brayton en Emmanuel

Vanessa Haywood (hooffoto regs) se Twitter-opmerking lees: ‘4 for 3!!!! I LOVE golf!!!”

Op internasionale front is akteurspaar Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones sekerlik die bekendste gholfliefhebbers en hulle slaan gereeld af met ander celeb-pêlle soos Kevin Costner en Hugh Grant.

Shakira wat haar heupe so lekker swaai, sê sy is nie regtig een vir sport nie, ” … But in golf, you just need concentration, of which I have plenty, and hip swing is very important.”

Kelly Clarkson sê sy hou van die kalmte wat gholf haar gee en vergelyk die spel met die lewe: As jy gister foute gemaak het, het jy vandag kans om dit reg te stel en weer te probeer.

 

Amy Winehouse het glo 9 putjies gespeel en was mal daaroor. (Sy’t ook glo ‘n natuurlike swing!)

Op Golf.com het hulle ‘n paar groot PGA-gholfsterre gevra om te sê watter celeb-vrou hulle verkies om vir hulle golf-afrigting te gee… Julia Roberts, Anna Kournikova en Jessica Alba.

Bronne: celebrity golf en Twitter

 

Watter sportsoort doen jy vir ontspanning?