FOTO: Twitter @LeeAnn_L

FOTO: Twitter @LeeAnn_L

Het jy gehoor?

Watter kleur is dié rok: blou en swart óf goud en wit?

Watter kleure sien jy as jy na dié rok kyk? Dit klink soos ’n voor die hand liggende vraag, maar mense is verdeeld, berig Huffington Post. Party sê die rok is blou en swart en ander sê weer hulle sien is goud en wit.

’n Foto van die rok is aanvanklik deur Caitlin McNeill, ’n 21-jarige van Skotland, op Tumblr gedeel. Sy het vinnig agtergekom dat haar vriende verskillende kleure daarin sien.

En nou het dié rok het die internet op hol. Selfs bekendes het by dié debat betrokke geraak.

“Watter kleur is die rok? Ek sien wit en goud. Kanye sien swart en blou, wie is kleurblind?” het Kim Kardashian getweet.

  Plaaslike skoonheid Lee-Ann Liebenberg sien ook wit en goud. 

Taylor Swift het via sosiale media gedeel dat sy deurmekaar en bang is. Volgens haar is die rok “natuurlik” blou en swart. 

Watter kleure sien jy?

FOTO: Twitter @LeeAnn_L

FOTO: Twitter @LeeAnn_L

Lees ook