bokfridday
Het jy gehoor?

Watter Springbok bel sy ma elke aand?

Jannie:  “Bismarck is ’n regte mama’s boy. Hy praat elke aand om 20:10 met ons ma, Jo-Helene, oor die foon. Wanneer hy by ’n geleentheid is en haar nie kan bel nie, SMS hy. Die ander ding van Bismarck is: Hy gee elke sent wat hy het op beeste uit; hy’s mal oor ’n mooi bul. Ons twee boer saam op ons ouers se plaas buite Bethlehem. [Hoewel hulle as spelers in die Sharks-span albei in Durban bly.] Bismarck deel die orders uit. Ek en ons voorman, Walter Taylor, moet die werk doen.”

Bismarck:  “Jannie is mal oor MasterChef Australia. Dis byna al wat hy op TV kyk. Hy’s darem ook die een wat die meeste van die tyd kos maak [die broers is huismaats]. Vóór elke wedstryd eet ons dieselfde gereg – spaghetti bolognaise – omdat ons dit een keer gedoen het en toe goed rugby
gespeel het. Dis ’n basiese resep met geen speserye nie, net ’n tamatiesous en uie. Jannie kan ook net so voor die TV aan die slaap raak, met die remote in sy hand. Ek praat nog die een oomblik met hom en die volgende oomblik slaap hy.”