Het jy gehoor?

Watter Springbok wou ‘n ‘band’ begin?

Jean: “Schalk speel goed kitaar en wou op skool in ’n band gespeel het. O, en hy loop kaal in die kamer rond!”

Schalk: “Ons ouers is huisvriende en ons pa’s was saam op skool. Ek en Jean was ook saam op skool in Paarl Gimnasium. Al het ons nie rugby gespeel nie, sou ons waarskynlik steeds vriende gewees het. En kan jy glo, Jean se ma het vir my ma L.O. gegee?”