FOTO Instagram / Lupito Nyongo

FOTO Instagram / Lupito Nyongo

Het jy gehoor?

WCW: Lupita Nyong’o – jy sal ook van haar hou!

Daar is net iets aan die Oscar-wenner Lupita Nyong’o … miskien is dit haar natuurlike sjarme of haar aansteeklik lag? Met al die drama oor Brangelina, Jennifer Aniston en selfs die Franse aktrise Marion Cotillard is dit nodig om bietjie op die positiewe te fokus! Juis daaroor is vandag se Woman Crush Wednesday (WCW) niemand anderste as Lupita nie!

Sy pronk op die voorblad van die nuutste Amerikaanse Vogue. En dis net beeldskoon – exquisite, soos die Engelse sal sê! Die fotosessie was in haar tuisland, Kenia.

Vogue

Lupita Nyong'o Instagram

FOTO Instagram / Lupitonyongo

Instagram Lupita Nyong'o

FOTO Instagram / Lupitonyongo

Sy het selfs saam met die Vogue-span haar ouers se familieplaas gaan besoek.

Kyk net hoe lekker lyk dit daar!

Sy het in 2014 die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen vir haar vertolking in die Steve McQueen-drama 12 Years a Slave. Haar nuutste film, waarvan dele in Johannesburg verfilm was, is Queen of Katwe.

Kyk die lokprent hier:

Lupita se kleurryke persoonlikheid word gereeld op die rooi tapyt uitgestraal. Volgens SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, is Lupita se rooitapyt-oomblikke byna altyd in die kol.

“Sy het oornag op ons mode-radar beland met daardie ongelooflik mooi Nairobi-blou rok, soos sy dit noem, by 2014 se Oscar-aand. Ek is mal daaroor wanneer sy kleur dra – van poeierblou, grasgroen tot rooi. Dié kleure lyk fantasties aan haar en laat jou ook twee keer na haar kyk.”

Lees nou

Kyk die wildebeeste se migrasie regstreeks!

Is Kim Kardashian besig om die plot te verloor?

Dié Hollywood-paartjies is al jare saam