Derek van Dam FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Weerman groet Suid-Afrika

Derek van Dam, weerman by eNCA, het pas op ’n baie spesiale manier verloof geraak. Boonop wag daar ’n nuwe avontuur op hom in Amerika …

Nadat hy en sy Suid-Afrikaanse meisie Tara Hossack die afgelope naweek die Comrades marathon saam voltooi het, het Derek haar by die wenstreep gevra om te trou.

Derek het dié foto, waar hy op sy knie sak, op Twitter gedeel.

Boonop het eNCA ook nou aangekondig dat Derek, ná byna ses jaar by dié stasie, by CNN International in Atlanta, Amerika, gaan aansluit. Die gewilde weerman het Suid-Afrikaners betower toe hy in 2008 by die eNCA-span aangesluit. Voor dit het hy in Michigan vir die TV-netwerk NBC gewerk.

Hy verlaat Suid-Afrika om nader aan sy vriende en familie in Amerika te wees en vertel dat hy gemengde gevoelens oor dié trek het. Maar hy groet nog nie finaal nie.

Dié is nie ’n ‘totsiens, Suid-Afrika’ nie, maar eerder ’n ‘sien jou later…’

“Ek het al toestemming gekry om permanent hier te woon, so ek beplan om in die toekoms baie tyd in Suid-Afrika te wees,” het hy in ’n persverklaring gesê.

Derek van Dam FOTO: Twitter  @WXmanVanDam

Derek van Dam
FOTO: Twitter @WXmanVanDam

“Dit gaan baie moeilik wees om die kollegas en die land waarvoor ek so lief geword het, agter te laat.”

Intussen gaan eNCA se klimatoloog Candice McKechnie vir Derek instaan terwyl die stasie ’n nuwe weerman soek.