sr1104cover03crop1rz
Het jy gehoor?

Jy kan in Corlea se musiekvideo wees

Enigiemand is welkom om Vrydagaand, 9 September 2011, saam met Corlea by die Atterbury-teater in Pretoria te kom kuier. Die video wat gemaak word, is van die titelsnit op haar album, Wie ek is.

“Die afgelope ses tot sewe maande het ek die ongelooflikste ondersteuning van my aanhangers gekry. Hulle het my gedra deur die moeilike tye. Nou wil ek op dié manier vir hulle dankie sê.”

Corlea was voorheen deel van die duet-groep Ons lieflinge saam met Rudi Claase. In Maart vanjaar het die verhouding tussen hulle versuur en sy het besluit om haar solo-loopbaan te begin.  

“Ek wil hê my aanhangers moet deel wees van my opwinding en my nuwe loopbaan. Deur hierdie video wil ek dankie sê vir elkeen.”

Toegang is gratis en daar is restaurante en ’n kontantkroeg beskikbaar.

Die video is reeds volgende Saterdag, 17 September, op DKNT op kykNET (Kanaal 111 op DStv) te sien.

  • Marthie de Beer

    Sjoe!!!!! Maar jy lyk goed!!!!

  • Amanda Becker

    Corlea jy moes dit al lankal gedoen het. Jou stem het die groep gedra – ons weet dit tog almal. Baie sterkte met jou solo loopbaan. Glo dit sal so goed gaan.

  • Ilse Steenkamp

    Het sy nog aanhangers? – die hele drama en publisiteitsmania rondom Afrikaanse sangers maak my naar.

  • Marie van Tonder

    Ons staan bankvas agter jou, het en sal jou altyd ondersteun!! You go girl…!!!