img_2789
Het jy gehoor?

Wees ‘n gas op Pippa en Conrad se troue!

Pippa (Nadia Valvekens) en Conrad (Hykie Berg) wil jou by hul troue op die stel van Binneland hê as ’n gas.

Aanhangers wat in en om Johannesburg woon, kan daar wees wanneer Pippa en Conrad op Woensdag, 29 Februarie 2012, mekaar die ja-woord gee.

Al wat jy moet doen om ’n trou-uitnodiging te ontvang is om ’n foto van jouself in jou gunsteling-trou-uitrusting te neem en dit op Binneland se Facebook-blad te laai.

Die Binneland-produksiespan sal as beoordelaars optree en besluit wie Pippa en Conrad se mooi dag sal bywoon. So laai jou foto’s op, jy het kans tot 16 Januarie 2012 om in te skryf.

Opnames vind die laaste week van Januarie 2012 in Randburg plaas.

  • Veronica

    Sal dit vreeeslik graag wil bywoon. Word 60 rondom daardie dae en dit sal ‘n wonderlike geskenk wees. Ek bly nie daar naby nie, maar sal sorg dat ek daar kan kom. Ai sal dit nie wonderlik wees om deel van die Binnelandersspan te wees nie. Ek hou styf duimvas. Groete, Veronica

  • carma

    ek is conrad en pippa se biggest fan en ek weet ek gaan eendag n aktrise word. gun my die geleentheid om my droom na te streef!! dit sal vir my n groot voorreg wees en n belewenis! hoop vir die beste,marette en lizanne moet ook genooi word.

  • leon

    hoekom net vir gauteng? Wat van ons ander in sa? Ons kyk ok binnelanders! Wat van n kommin karakter uit conrad se verlede, dalk sy gewese meisie wat al 50 plus is? Ha ha, ek sal sy pa se gesig wil sien!

  • Karien Reynolds

    Ja, wat van die mense wat nie in Gauteng bly nie. Ek kyk ook baie graag Binnelanders, mis dit vir niks!

  • Maryanne

    Ek woon in Namibie maar sou ook graag hul spesiale sepie-dag wou beleef!!!! Ons kyk ook Binneland hier in die buiteland. Groete, Maryanne

  • Carina

    Sal inskrywings van mense buite Gauteng wat op eie onkoste tot daar sal kom aanvaar word?? JA JA ASSEBLIEF!