Poster-Final-A4[1]
Het jy gehoor?

WEN 1 van 5 dubbelkaartjies na Aspoestertjie met Karlien van Jaarsveld in die hoofrol

*Let asb op dié kaartjies is slegs geldig vir Sondag, 3 Mei 2015, om 15:00. Geen vervoer / akkommodasie word verskaf nie*

Wedstryd sluit Saterdag, 2 Mei om 10:00

Aspoestertjie kom na die Marcellus-teater by Emperors Palace

 Ek kom van ’n plek in feëtjieland, met blink kastele en ’n goue strand. Ek kan toor en drink graag tee, inderdaad is ek die Goeie Fee! Hier om te kyk na Aspoestertjie; haar lewe is nie maklik nie… ’n Stiefma en twee susters by, sal die Prins ooit sy Aspoester kry? Sit terug, geniet en asseblief speel saam. Ek gaan nou verdwyn en my plan beraam!

Add-Life Productions bied met trots aan Aspoestertjie: ’n Splinternuwe Afrikaanse Pantomime by Emperors Palace van 1 tot 31 Mei. Met die beeldskone Karlien van Jaarsveld in die rol van Aspoestertjie, Izak Davel as die Prins en die pittige Soli Philander as Verteller.

Screen Shot 2015-05-01 at 8.11.25 AM

Vervaardig deur dieselfde talentvolle produksiespan as die blitsverkopers Ester en Liefling, beloof hierdie skaterlag musiekspel nog ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees.

Poster-Final-A4[1]Aspoesterjie is ’n lieflike romantiese komedie vir die hele gesin en die perfekte ligte vermaak hierdie Meimaand!

Waardeer die pragtige romanse in Aspoestertjie by Theatre of Marcellus, Emperors Palace vanaf 01 tot 31 Mei. Op Saterdae is daar drie vertonings om 11h00 , 15h00 en 20h00 en op Sondae is daar twee vertonings om 11:00 en 15:00. Die vertonings begin om 20h00 op Woensdae, Donderdae en Vrydae. Kaartjies is beskikbaar vanaf R160 per persoon, pensioenarisse kwalifiseer vir 10 % afslag en dar is ‘n 10 % afslag vir groepe van 10 of meer.

5 SARIE.com-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na Sondag, 3 Mei 2015 se 15:00-vertoning WEN. Wenners is verantwoordelik vir hul eie vervoer en akkommodasie. Wenners sal telefonies verwittig word. 

Die wedstryd is nou gesluit