FOTO: Meliza Myburgh / Lééf Tydskrif

Het jy gehoor?

WEN een van 10 dubbelkaartjies na Rondomskrik-toneelstuk

Die suksesvolle teaterstuk Rondomskrik, wat op die roerende Anene Booysen-storie gebaseer is, speel eersdaags in die Kaap. En SARIE.com gee vir 10 lesers die kans om elk ’n dubbelkaartjie te WEN na die vertoning van Vrydag 7 November by die Baxter-teater in die Kaap.

Kyk hier na ‘n video met Crystal-Donna Roberts oor haar Anene Booysen.

Die storie?

Jasmine Jacobs (Shaleen Surtie-Richards) is haar lewe lank al ’n onderwyser: eers in Bonteheuwel en toe in ’n klein dorpie tussen die Karoo en die Overberg: Rondomskrik. In haar werk het sy haar pa se fakkel probeer dra – hy het vir haar geleer dat al wat jy vir kinders moet leer, is dat hulle bo hulle omstandighede kan uitstyg, kan wegvlieg. Dan ontmoet sy vir Antjie Fortuin (Crystal-Donna Roberts), op haar siegretbeentjies, met haar hakkelende boetie aan die hand ’n vlammetjie wat nog helder brand in haar ogies. En Jasmien probeer – tussen die gangsters, die alkohol, die hop-huisies, die onbetrokke ouers. En dan daardie Vrydagaand, is daar’n perfekte storm van boosheid, van ongeërg wees, van wegkyk.

Hierdie verhoogstuk, deur die span van Die Naaimasjien (teks deur Rachelle Greeff en regie deur Hennie van Greunen) neem die moord en verkragting van Anene Booysen as inspirasie vir ’n produksie wat snaaks, hartseer en bowenal deernisvol en hoopvol is.

Ken jy ‘n vrou wat ‘n verskil maak onder die kinders in jóú gemeenskap? 
Benoem haar en sy kan ook wen

Unknown

Toekennings

6 Kanna-benoemings by ABSA KKNK
Kanna-wenner Richard September vir sy spel in Rondomskrik
Spesiale vermelding deur die Kanna-paneel vir ensemblespel
ATKV Woordveertjie wenner vir dramateks

En wat sê julle?

#UitkykAntie #Rondomskrik
Ek is stil.. #Rondomskrik ONGELOOFLIK! @CrystalDonna, Shaleen Surtie-Richards, Richard September, Lee-Ann van Rooi. #Aardklop2014
2014/10/09, 6:33 PM

 

Vanaand #rondomskrik gaan kyk. Dis is ‘n MOET sien. #sharlenesurtierichards en cast was uitstekend. #Aardklop
2014/10/09, 9:54 PM

Een van die bestes. #Rondomskrik http://t.co/x78dHXg4H5
2014/10/10, 7:46 PM

Trane in my oe …toneelspel uit die boonste rakke #Aardklop #rondomskrik
2014/10/09, 9:59 PM

Just saw Rondomskrik @AardklopFees a beautiful play with moving performances directed by the talent that is @Henniewtf this is a must see!!!
2014/10/11, 11:26 AM

#Rondomskrik het my tot in my binneste geruk! So bitterlik briljant!!! #aardklop2014
2014/10/12, 3:44 PM

ONTHOU! Wenners moet op hul eie onkoste by die teater kom. SARIE dek geen verblyf of vervoeronkostes nie.

WEN een van 10 dubbelkaartjies vir Rondomskrik in Kaapstad