comic06
Het jy gehoor?

Wen met DKNY!

Jy het seker al die nuwe advertensie van DKNY Be Delicious in jou gunsteling tydskrif (SARIE natuurlik!) gesien. Dié tipiese popkuns-ontwerp in vintage strokiesprentstyl, kompleet met praatborrels, is ‘n opwindende nuwe aanslag op dié immergewilde parfuum. Raak vir ‘n oomblik verlore in dié wêreld deur na die video as inspirasie te kyk en dan die strokiesprent-reeks te voltooi. Jy kan ‘n DKNY-geskenkpak ter waarde van R1 000 wen!

Tóé, vat ‘n happie van die lewe!