28157_mark_brunetz_151_2_edit
Het jy gehoor?

WEN ‘n mooimaaksessie vir jou huis

Mark Brunetz van Clean House op die Style Network (op DSTV-kanaal 183) kom vroeg-September na SA. Jy kan ‘n mooimaaksessie ter waarde van R100 000 vir jou huis wen. Dit sal verfilm word vir Mark se program.

DesignWithoutBorders, ‘n organisie wat mense in ontwikkelende lande help om die spasie waarin hulle leef te herskep, gaan hand bysit.

SMS en WEN!
SMS MARK na 35101 om ‘n droom-mooimaaksessie vir jou huis te wen. Die kompetisie sluit op 28 September om 12:00.

Kyk die video

  • Pauline

    Ek sal self nie omgee om ‘n mooimaaksessie vir my huis te kry nie

  • Elmaré Kirchner

    Jiss dit sal darem lekker wees.

  • Petro Kritzinger

    Dit sal darem ‘n fees wees om so bederf te word!!!

  • Jeanette

    Dis net wat my huis nodig het.

  • Antonette Jordaan

    Ag ek kan net droom van so ‘n wonderlike sessie… ek dink my huis ook!!

  • http://www.sarie.com Alta Posthumus

    Dit sal die wonderlikste geskenk wees baie beter as die lotto
    My ou huisie het beslis so ietsie nodig

  • Elsabe Schoeman

    Ons verhuis binnekort na ‘n nuwe huis waar baie verbeterings sal moet gedoen word voor ons sal kan bly,want op hiedie stadium kort die huis regtig ‘n lip rooimaak en sal dit nie fantasties wees om so mooimaaksessie te wen nie

  • Yolanda van der Merwe

    ‘n Mooimaaksessie is elke vrou se droom vir haar huis. Met die swaar tye voor ons kom ons glad nie uit by die ekstra dingetjie om jou huis op te kikker nie, want wie het nou geld vir daardie aanbouing of uitbreek wat jou huis eintlik nodig het. ‘n Wonderlike idee.

  • Portia Jansen

    It would be wonderful to get a fresh new look to my house. I’m not a creative person and it is difficult to spot cool ideas!
    I would definitely not mind winning the makeover.

  • tina Wolvaardt

    Ons het ‘n dierbare "aftree" huis op Piketberg wat gil vir ‘n mooimaaksessie.

  • Hester Vermeulen

    Op Clanwilliam is daar nie winkels wat vir ons as "mooimaak voorbeeld" kan wees nie, en ek is nou al raadop met my langwerpige vertrek waain NIKS pas nie. Help tog asseblief!!!