FOTO: Afrikaans is Groot

FOTO: Afrikaans is Groot

Het jy gehoor?

WEN ’n rok soos Karlien s’n!

Is jy in graad 12 en droom van ’n rok soos dié van Karlien vir jou matriekafskeid? SARIE en Karlien gee jou die kans om ’n soortgelyke rok te wen – spesiaal vir jou gemaak deur Anel Botha Couture, wat die oorspronklike rok ontwerp het.

Vertel ons in 300 karakters of minder hoekom jy ’n droomrok nes dié een van Karlien moet wen.

*Die wedstryd sluit 30 Junie.

WEN 'n rok soos Karlien van Jaarsveld s'n

Die rok

Die musiekvideo waarin dié Anel Botha Couture-rok van Karlien te sien is, “My Hartjie”, sluit tonele van die film Hollywood in my huis in. Kyk na dié musiekvideo onder dié artikel!

SARIE se voorbladgesig vir Junie 2015

Sy sê dit soos dit is: haar hartseer, haar vreugdes en vrese, en haar drome. Karlien praat pront oor haar lewe en oor haar droomrol in die pantomime Aspoestertjie. 

Karlien van Jaarsveld junie jun 2015

Dié uitgawe is die week op die rak, dit kan ook digtiaal HIER afgelaai word.

Hollywood in my huis

hollywoodin my huisHollywood in my huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Maar toe sy op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid wat voor die deur lê in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep.

‪Die regisseur van Hollywood in my huis, Corne Van Rooyen, is ook die regisseur van Karlien se musiekvideo.

Dié film begin 26 Junie landswyd draai.

Kyk na “My Hartjie” hier:

Lees nou