FOTO: Twitter @Fergie

FOTO: Twitter @Fergie

Het jy gehoor?

WENKE: Kry só Fergie se wulpse lyf!

Sy pronk graag met haar wulpse lyf op die kassie en tog is kos nie haar vyand nie. Fergie het haar wenke vir ’n goeie oefenprogram met E! Online gedeel. 

Talle bekendes skenk die lewe aan ’n baba en word net dae daarna met hul plat magies gekiek. Maar vir Fergie was dit nie die geval ná die geboorte van haar seun, Axl Jack, nie: “Ek het stadig maar seker in roetine gekom. Ek wou eers seker maak dat Axl gevestig is.”

Die Fergalicious-sangeres onthul dat dansklasse perfek is om spiere te bou en jou liggaam ferm dog soepel te hou: “Kardiovaskulêre oefening laat jou lekker sweet. Dit is wonderlik.”

FOTO: Twitter @Fergie

FOTO: Twitter @Fergie

Fergie beveel ook aan dat jy gim toe gaan en verskillende klasse probeer: “Dit maak dinge interessant. Jy vergeet half dat jy oefen, want jy konsentreer om al die stappe reg te kry. In die proses leer jy ook hoe om jou spiere te beheer.”

Die 39-jarige popster verklap nog ’n belangrike rede waarom ’n trapmeul, elliptiese apparaat, fiets en dans deel van haar roetine is: “Ek moet hard oefen, want ek hou van eet.”

Fegie en haar akteur-man, Josh Duhamel, se eersteling word vanjaar twee.

FERGIE23

FOTO: Twitter @Fergie

 

Lees ook

EERSTE FOTO’S: Fergie en Josh se kleinding

Dís hoekom jy nie gewig verloor nie + Eetplan

Só smelt ons kilo’s weg! | SARIE