FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Wenke vir eerste skooldag PLUS Suzelle se nuwe DIY

Vandag begin skole vir baie kinders en vir sommige ouers is dit hul haasbekkie se eerste skooldag.

Geen ouer weet presies hoe ‘n spruit op dié groot mylpaal gaan reageer nie, maar hier is ’n paar wenke wat die proses sal beter maak.

Eerste skooldag

  • Moenie stres oor jou kind se eerste skooldag nie.
  • Gesels oor die heerlike nuwe avontuur. Wees positief oor die skool en personeel.
  • Speel saam bal, skop, vang, gooi, rol. Dis heerlike groot motoriese oefening. Jy sal gou sien wat nog skort en waar hy oefening benodig.
  • Gee opdragte soos “maak die deur toe” en “bring vir my ’n glas water”. Gee dan ’n onuitvoerbare opdrag soos “gaan haal die swembad”. Hy moet dadelik weet dis onmoontlik en kan sê hoekom.
  • Leer hom dink en redeneer. Vra vrae soos: “Hoekom word nat wasgoed droog nadat jy dit opgehang het?” Of maak ’n merkie teen die bad se rand. Laat hy sê wat met die water gaan gebeur as hy inklim.
  • Dis ’n groot gebeurtenis as julle sy skoolgoed gaan koop. Rek die lekker uit oor ’n paar dae. Laat hom self besluit oor sekere dinge soos die kleur van sy kosblik.
  • Laat hom self sy skoolgoed die aand vooraf regsit.
  • Sorg vir ’n stewige ontbyt en voedsame kos vir pouse.
  • Speel rustige musiek voordat julle ry. Gesels oor lekker dinge. Hou dit lig.
  • Hou die afskeid kort. Neem hom tot by sy klas of soos deur die skool besluit. Groet vinnig en ry.
  • Sorg dat hy weet jy sal daar wees as die skool uitkom. En baie belangrik: wees betyds.

Bron: Ester Steyn van Kinderkrag

Suzelle maak ’n skooltas mooi

Selfs Suzelle weet hoe belangrik die eerste skooldag vir kinders is. Kyk haar oulike DIY vir skooltasse, ons hou veral van die potloodsakkie!

 Lees ook