FOTO: Instagram armandaucamp

FOTO: Instagram armandaucamp

Het jy gehoor?

Wenners van die Channel24-aanlyntoekennings

Ná meer as 10 000 stemme is die wenners van die tweede Channel24-aanlyntoekennings vandag bekend gemaak. 

Die glanspersoonlikheid Bonang Matheba het weggestap met die Goue Kroon-toekenning vir die beste aanlyn teenwoordigheid.

En die Afrikaanse akteur Armand Aucamp is vereer met die titel “Sappigste manlike bekende om op sosiale media te volg”.

FOTO: Instagram armandaucamp

FOTO: Instagram armandaucamp

Channel24 se redakteur, Herman Eloff, verduidelik die doel van dié toekennings: “Die toekennings fokus op die ligter kant van sosiale media en is ’n lekker manier vir aanhangers om die plaaslike sterre wat hulle aanlyn vermaak, te ondersteun.

Hier is die volledige lys van wenners: 

1. Beste #selfie geneem deur bekende

TV-aanbieder Roxy Burger

2. Beste bekende paartjie op sosiale media

Die glanspaar Cassper Nyovest en Boity Thulo

3. Snaaksste bekende op sosiale media

Die choreograaf Somizi

4. Beste Facebook-blad

Mi Casa

5. Beste Twitter-rekening

Die radio-persoonlikheid Gareth Cliff

6. Beste Instagram-rekening

Khanyi Mbau

7. Beste YouTube-kanaal/video

Die musikant Cassper Nyovest

8. Sappigste vroulike bekende om op sosiale media te volg

Jeannie D

9. Sappigste manlike bekende om op sosiale media te volg

Armand Aucamp

10. Goue Kroon-toekenning vir die beste aanlyn teenwoordigheid

Bonang Matheba

Kyk hier na die video wat die bekendes se wen-oomblikke vasvang.

Bron: Channel24

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!