carmen_dell_orefice
Het jy gehoor?

Wêreld se oudste supermodel (81) op loopplank in NY

Carmen Dell’Orefice is ‘n 81-jarige New Yorker wat op die ouderdom van 15 vir die eerste keer op Vogue se voorblad verskyn het. Sy is vandag die oudste werkende supermodel in die wêreld. En by vanjaar se New York Modeweek het sy weer betower.

Carmen Dell'Orefice op die voorblad van Vogue in 1947, sy was 15 jaar oud

Sy het vir twee ontwerpers, Norisol Ferrari en Marimekko, geloop. Die Amerikaanse aktrise en model Carol Alt (51) was saam met Dell’Orefice op die loopplank en hul gesamentlike ouderdom was 133 jaar.

Carmen se vlekkelose gelaat en lengte (5 voet 10) laat steeds die koppe draai. Om nege die oggend het sy in ‘n vintage-geïnspireerde karamelkleurige jasrok van Ferrari verskyn en later die middag in ‘n moderne kleurvolle Marimekko-ontwerp.

“Ek weet nie of dit goed of simpel is nie. Maar ek is steeds mal oor wat ek doen, en bloot dat ek dit kán doen,” het Dell’Orefice gesê. Sy het ook openlik in ‘n Today-onderhoud erken dat sy vullers gebruik om die ouderdomsproses op haar vel te vertraag.

Jong modelle kyk op na haar, sy mesmeriseer hulle. Sy is ‘n ikoon,” het Corinne Nicolas, Dell’Orefice se agent by Trump Model Management, gesê.

En Carmen se wyse kommentaar was: “Ek dink Amerika word nou groot. Hulle aanvaar dat die oorgrote meerderheid van die bevolking oor 50 is, dat dít is waar die lewe gebeur.”  

  • Ilonka Swartz

    Sy is werklik ‘n inspirasie vir ons vrouens en ook ‘n bewys dat as jy jouself en jou vel en liggam mooi oppas jy mooi kan wees altyd.

  • Annelize Ziehl-Owens

    ‘n Inspirasie vir oud en jonk… nes Sarie tydskrif ;)!

  • Sonja

    ‘Take note", Sarie – julle wat nie ouer dames (bo 40) op jul voorblad wil sien pryk nie! (tensy hulle natuurlik om een of ander rede bekend is!)

  • Gustavo

    Deshalb auch der Absatz: „Klar, das ist die analoge Welt, da gibt es noch keenin Replikator, der die Produkte dann in rauen Mengen in den Massenmarkt pumpt. Aber es geht um das Prinzip: Autor und Spieler verfolgen denselben Plan: Gute Spiele mf6glichst weit zu verbreiten.“Natfcrlich gibt es zwischen knappen Gfctern und Gfctern im dcberfluss eklatante Unterschiede und ich denke genau da kf6nnte eine Philosophie ansetzen. Denn kfcnstliche Verknappung ist weder nf6tig noch wfcnschenswert.Das Beispiel aus der Brettspielszene will ich in diesem Zusammenhang vor allem als Signal verstehen, dass Urheber und Nutzer auch Hand in Hand arbeiten kf6nnen und gegenseitig die Bedfcrfnisse des jeweils anderen achten. Wer mit Kanonen auf seine Kunden schiedft, wer sie knebelt und bevormundet, erntet keenin Respekt und verdient auch kein Geld. Im doppelten Wortsinne.