Het jy gehoor?

Wêreld kyk hoe SA’ners braai in televisiereeks

Binnekort gaan meer as 100 miljoen mense in meer as 280 gebiede en in 22 tale sien hóé Suid-Afrikaners braai. Die vervaardigingsmaatskappy van Ultimate Braai Master, Cooked in Africa Films, het dit reggekry om dié program aan Travel Channel te verkoop.

Dit is die eerste plaaslike werklikheidsreeks wat deur advertensies gefinansier word wat internasionale verspreiding kry. Cooked in Africa Films se Peter Grid sê:

Dis ‘n ware Suid-Afrikaanse program – gemaak vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners met Suid-Afrikaanse handelmerke, in ons pragtige land met ons diverse koskulture …

Dié bekende Suid-Afrikaanse TV-sjef Justin Bonello is die aanbieder van die program wat 15 spanne van 2 deelnemers elk vir 52 moeilike dae in uiterste omstandighede laat braai. Dit sluit ‘n 8 000 km reis deur Suid-Afrika in.

Die tweede seisoen van Ultimate Braai Master is op die oomblik in produksie om later vanjaar op SABC 3 (DStv-kanaal 193) uitgesaai te word.

Bron: Filmcontact.com

HIERONDER is die lokprent vir die eerste seisoen: