Het jy gehoor?

Wêreldbekende kunstenaar Piet Grobler se vrou, kind verongeluk

Volgens die SABC is Grobler en sy broer Diek, wat ook ‘n kunstenaar is, in die ongeluk beseer. Netcare 911-woordvoerder, Jeff Wicks sê hul voertuig het op die R21-hoofweg onklaar geraak waarna ‘n bakkie teen hulle vasgery het. Lees die volledige berig by www.ofm.co.za

Piet Grobler, sy vrou Marie en sy dogter Catherina het in die Verenigde Koninkryk gewoon waar hy ‘n dosent by Cambridge is in kinderboek-illustrasies. Grobler het meer as 70 boeke geïllustreer, berig www.nuus24.com

Hy het ook illustrasies gedoen vir Suid-Afrikaanse tydskrifte en koerante, insluitend die Sunday Times se leefstyl-afdeling, SARIE en Insig.

Hy en sy broer is beide in ‘n stabiele toestand in die hospitaal. (Bron: www.nuus24.com)

  • Truida Redelinghuys

    My innige innige meegevoel. Dis vreeslik hartseer. Ek weet hoe dit voel om n kind te verloor en dan nog jou vrou ook.

  • Katrin

    Dit breek my hart.

  • Kiwigirl

    Dit is vreeslik. Ek het 3 Piet Grobler sketse in my huis hierso in Nieu Seeland wat ek jare gelede aangekoop het in Stellenbosch. Ons innige meegevoel.

  • Sorine

    O nee! Dis ontsettend seer – my innige simpatie