one_only
Het jy gehoor?

Wêreldklas in die Kaap

Kaapstad word nou meer as ooit ‘n hot internasionale bestemming met die opening van die nuwe One&Only Resort & Spa in die V&A Waterfront. En goeie nuus vir plaaslike besoekers – ons is ook welkom!

Wêreldberoemde restaurante soos Gordon Ramsay se Maze en die Japannese Nobu gooi hul deure oop vir ‘n eet-ervaring soos min. En sou jy wou oorbly, kan jy kies uit een van 90 kamers met ‘n ongelooflike uitsig op Tafelberg, of selfs een van die 40 suites op die eiland. En tussen die talle ingevoerde luukshede wapper die SA vlag trots – van kos en wyn tot krane! Natuurlik is daar boonop ‘n wêreldklas-spa waar jy jouself met allerhande behandelings kan bederf.

Al wat ek kan sê: Gaan kyk self! – Ruben Moore

www.oneandonlyresorts.com