Het jy gehoor?

Werk Bobby van Jaarsveld se pick-up lines?

Bouwer Bosch en Bennie Fourie se nuwe aanlynvideo-projek het onlangs Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om meisies te beïndruk. Sing sing soen, wat eksklusief op SARIE.com is, is ‘n splinternuwe aanlyn-videoreeksOns vind by Bobby uit of hy al sy lirieke op sy vrou, Annatjie, gebruik het en of dit werk.

“Nee,” lag Bobby. “Ek het nog nie pick-up lines gebruik nie. Ek en Annatjie ken mekaar al van standard 9 af. Ek het nog nie nodig gehad om dit te gebruik nie!”

Hy het al gehoor van ouens wat sy liedjies se lirieke gebruik het om girls te kry. “En dit klink of dit werk!”

Ek sal dit vanaand self op Annatjie probeer en kyk wat gebeur.

In die eerste episode van die snaakse video-reeks Sing sing soen met Bouwer en Bennie wil dit ook voorkom asof Bobby se lirieke meer suksesvol by die meisies is as sus Karlien s’n.

Kyk hier hoe meisies reageer as Bouwer en Bennie hulle probeer op-chat met Bobby en Karlien se lirieke

Bobby hou baie van dié video en voel geëerd dat dié twee talentvolle manne sy lirieke vir hul eerste episode gebruik het.

Bouwer en Bennie gaan vir dié YouTube-reeks Afrikaanse lirieke gebruik en kyk of hulle meisies se knieë lam kan maak.

Die een pick-up line wat hulle eerder moet oorslaan, volgens Bobby? ‘Gee assebief vir my jou nommer, ek het myne verloor.’

Wat dink jy? Sal jy vir Bobby se lirieke val?