FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Werner Coetser van ‘7de Laan’ nou in nuwe sepie

Vanaf 4 April 2016 is daar ’n ou gunsteling in ’n nuwe baadjie op kykNET. Die dramareeks Getroud met rugby gaan in Villa Rosa se tydgleuf om 18:30 uitgesaai word. Volgens kykNET gaan verskillende sleutelkarakters se storielyne voort, maar daar is ook heelwat nuwe gesigte! 

Ons sien Werner Coetser, wat Bernard Jordaan in 7de Laan speel, is ook in die rolverdeling. Hy speel die die losskakel Blitz en is die nuwe windgat-ster van die Stryders.

Dis nog nie seker of hy 7de Laan gaan verlaat nie.

Rosa-Mari Erasmus, publisiteitsbeampte van 7de Laan, wou nie veel uitwei oor Werner se lot by dié sepie nie.

“In die stadium kan ek ongelukkig nie kommentaar lewer nie. Werner is wel nog vir ’n geruime tyd in 7de Laan,” het Erasmus aan SARIE.com gesê.

Ander bekende gesigte in Getroud met rugby sluit in:

12631472_10153829148599827_2162736590431526316_n

Lees meer op kykNET se webtuiste

Getroud met Rugby