FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Het jy gehoor?

Wessels van Koekedoor kook

Lamskenkel en eend – dít is wat Wessels van Vuuren, naaswenner van kykNET se Koekedoor 2, deesdae kook. Vir eers is die dae van ingewikkelde koeke en tertjies verby.

“Ek bak nog so af en toe brood- en kaneelrolletjies, maar sal dit meer wil doen,” lag hy. Wessels werk die afgelope sowat  2 weke as sjef by die OneThreeSix-restaurant in Simonstad naby Kaapstad.

10 Koekedore om Herman se tafel vir SARIE KOS se #SARIESondag. Te koop vanaf 1 Augustus 2016

10 Koekedore om Herman se tafel vir SARIE KOS

“Ek was een aand op pad huis toe van my werk as balju toe ek verby die restaurant stap. Hulle het allerlei ou meubels uitgegooi. Ek dog toe, laat ek instap en ’n ou tafel koop. Toe moes ek hoor hulle soek ’n sjef. En so kry ek die werk per toeval.’’ Die eienaar van die restaurant is die hoofsjef en daar is nog ’n vrou wat help kosmaak.

“Jy moet geduld en ’n kalm kop in die kombuis hê. Dinge gebeur soms vinnig. Gisteraand moes ek lank wag vir hoenderborsies om gaar te word. Jy moet onthou wie se kos is op watter bord. Jy moet mooi beplan.”

Hy geniet dit om geregte soos lamskenkel en eend van die begin af te berei.

“Dan kan jy jou tyd neem en dit behoorlik gaarmaak. En wanneer die gaste kom, kan jy die borde mooi maak, jy hoef jou nie meer te bekommer of dit gaar is nie.”

Hy werk op die oomblik van 08:00 tot 16:00 bedags by die balju en daarna tot 22:00 by die restaurant.

“Dit is nogal rof, maar ek leer baie en dit is ’n uitdaging om vir baie mense kos te maak.”

Die restaurant kan sowat 45 gaste op ’n slag bedien.

Hy sal graag eendag vir homself wil werk. “Spysenering, miskien klein tertjies en happies vir troues of damesoggende. Maar hierdie is al ’n stappie in die regte rigting. Dit is in die kosbedryf en is kreatief.”

Hy beplan ook ’n resepteboek.

Lees nou

The Rock is ‘Sexiest Man Alive’

5 goue reëls om jou meubels te rangskik