Blake Lively en Ryan Reynolds
FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake Lively en Ryan Reynolds FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Het jy gehoor?

Wie is Blake Lively se dogtertjie se peetma?

Daar is verwarring rondom wie Blake Lively se dogtertjie, James, se peetma is, berig Hello!

In die verlede is genoem dat die beeldskone blondine haar The Sisterhood of the Traveling Pants-medesterre gevra het om dié spesiale rol te vul.

En toe die drie vroeër die week in ’n TV-onderhoud gevra is of hulle die pienkvoet se peetma is, het Amber Tamblyn geantwoord, “ja, dit is ’n feit”.

Blake Lively

In ’n onderhoud met E! News het Blake egter ontken dat Amber Tamblyn, America Ferrara en Alexis Bledel haar dogter se peetma’s is.

“Ek het hulle nooit gevra om die peetma’s te wees nie. Hulle is liewe vriendinne. Ek sou eerder sê dat my baba baie towertantes het,” het sy gesê en bygevoeg: “My suster [Robyn] is die een wat na my baba gaan kyk.”

A photo posted by Blake Lively (@blakelively) on

Hoewel dié voormalige Gossip Girl-aktrise en haar man, akteur Ryan Reynolds, hul eersteling reeds in Desember 2014 verwelkom het, het die paartjie nog nie foto’s van James met die publiek gedeel nie.

Bron: Hello!

Lees ook