Mary-poppins-35970
Het jy gehoor?

Wie is die nuwe Mary Poppins? Ons kies 5 Afrikaanse aktrises vir dié rol

Daar word binnekort ’n moderne weergawe van die gewilde Mary Poppins-film van 1964 beplan, berig People.

Die een na die ander Disney-fliek word weer gemaak om die kinders van vandag ook bloot te stel aan die karakters wat vorige generasies se verbeelding aangegryp het. Mary Poppins is geen uitsondering nie. Daar word berig dat Rob Marshall, wat onder meer Chicago se regie behartig het, die regisseur van die nuwe Mary Poppins gaan wees. En nou word daar gegis oor wie die rol van Mary sal speel …

Die karakter van die kinderoppasser wat bykans enigiets kan doen is meer kompleks as wat jy dink. Sy is vroom en streng, maar terselfdertyd ook liefdevol en pret.

Die nuwe fliek sal storielyne van die oorspronklike skrywer van die boeke, PL Travers, bevat, berig The Gardian.

People bespiegel dat Julie Andrews se skoene deur een van dié aktrises gevul sal word:

1. Anne Hathaway

2. Kristen Bell

3. Emily Blunt

4. Gugu Mbatha-Raw

5. Amy Adams

Ons gunsteling-voorstelle vir ’n Suid-Afrikaanse Mary Poppins is:

1. Karlien van Jaarsveld

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

2. Riana Nel

riana_cover

3. Hanna Grobler

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

4. Lika Berning

FOTO: Leana Clunies-Ross Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

FOTO: Leana Clunies-Ross

5. Nadia Valvekens

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson

Bron: People en The Gardian

Wie sal jy kies om die Afrikaanse Mary Poppins te speel?

Lees nou