FOTO Instgram@nyledimarco

FOTO Instgram@nyledimarco

Het jy gehoor?

Wie is die sexy Nyle DiMarco?

Nyle DiMarco is ’n Amerikaanse model en akteur. Hy het verlede jaar America’s Next Top Model: Guys & Girls gewen én hierdie week Dancing with the Stars gewen. En raai wat, hy’s doof! 

Hier is 10 dinge wat jy van dié sexy en inspirerende man moet weet:

1) Hy is van geboorte af doof. Sy ouers, Neal en Donna, grootouers en albei sy broers Nico en Neal is doof. Hy kom uit ’n familie van meer as 25 lede wat almal doof is.

2) Nyle is die eerste dowe manlike deelnemer en wenner in die geskiedenis van Dancing with the Stars. Oscar-wenner Marlee Matlin het destyds deelgeneem en sy was die eerste dowe persoon wat op dié dansprogram verskyn het.

3) Hy is een van ’n tweeling, maar sy broer Nico lyk glad nie soos hy nie. Nyle is die smeulende donkerkop en Nico is die een met die rooi hare en ligte vel.

4) Nyle het nooit ingeskryf vir America’s Next Top Model nie, maar die voormalige supermodel en vervaardiger van die program, Tyra Banks, het hom op sosiale media gesien.

5) Hy’s nie net ’n model en danser nie, hy hou sy lyf ook akteur en het sy debuut gemaak in die reeks Switched at Birth. Hy is ook te sien in die reeks Difficult People.

6) Hy het ’n graad in wiskunde aan die Universiteit van Gallaudet verwerf, hy droom van ’n onderwysloopbaan en beplan om sy meestersgraad te behaal.

7) Hy is die stigter van die Nyle DiMarco Foundation wat hom daarop toespits om die lewe van dowe mense te verbeter.

8) Op Ellen DeGeneres se program in April vanjaar verskyn hy saam met Peta Murgatroyd, sy Dancing with the Stars-dansmaat, en wys waarom hulle die gesogte titel voor die ander deelnemers se neuse weggeraap het.

9) Hy is in die algemeen vreesloos, maar erken hy was bang om aan Dancing with the Stars deel te neem.

10) Hy is mal oor reis en het vir ’n jaar alleen deur Europa, Suid- en Noord-Amerika getoer.

Bronne: Wikipedia, Daily Mail, WetPaint, GuyMag, Nyle DiMarco Foundation, CN Traveler