FOTO Twitter / @cosmopolitan

FOTO Twitter / @cosmopolitan

Het jy gehoor?

Wie dra dit beter? Kate Middleton of Paris Hilton?

Dit verbaas ons glad nie: Die hertogin van Cambridge, Catherine, oftewel Kate Middleton, se uitrusting het wéér 10/10 gekry. Dié keer was dit ’n wit rok by die Londense première van A Street Cat named Bob. Maar sy is nie al bekende wat dié rok al aangehad het nie.

Die sosiale vlinder Paris Hilton het verlede week dieselfde rok gedra na ’n amFAR-geleentheid in Los Angeles.

Die skepping is deur die ontwerper Self-Portrait.

Kate

Paris

Ons dink Kate en Paris lyk albei beeldskoon.

Wie het dít die beste gedra?

  • Kate Middleton
  • Paris Hilton

Nóg ’n bekende het dieselfde rok as Paris aangehad. Die supermodel Kendall Jenner het gister haar 21ste verjaardag gevier in ’n stywe blinkernommertjie. Maar in 2002 het Paris, ook op haar 21ste verjaarsdag, ’n byna soortgelyk rok aangehad. As jy vinnig kyk, lyk dit of Kendall die rok by Paris geleen het.

Kyk net hier: 

vintage Paris Hilton vibes. 21 21.

A photo posted by Kendall (@kendalljenner) on

 

Onthou jy hoe Paris Hilton eens op ’n tyd haar lyf sanger gehou het? Vir ’n ekstra Vrydag-bederf, kyk haar musiekvideo van “Stars Are Blind” hier:

Lees nou

Wat laat “die wêreld se lelikste vrou” mooi voel?

Prins Harry se Meghan Markle: 5 goed

Kate Middleton laat die koppe draai – al weer!