Rolanda Marais in die Januarie 2014-uitgawe van SARIE
FOTO: Leana Clunies-Ross

Rolanda Marais in die Januarie 2014-uitgawe van SARIE FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Wie dra wat na SA se ‘Oscars’?

Die room van die Suid-Afrikaanse teaterbedryf skuur Donderdagaand skouers by die Kunstekaap in die Kaap waar die vyfde kykNET Fiëstas-toekenningsaand aangebied word. En almal hou nou al asem op oor wat die sterre gaan dra. Die kameras sal ywerig flits wanneer hulle met hul hoë polvye en nuwe gewade op die blou tapyt hul verskyning maak.

Hier is ’n paar lusmakers . . .

Die aktrise Rolanda Marais

(hooffoto)

“My uitrusting het ’n vintage gevoel. Ek noem dit hobo sjiek – ’n silwer metaalkleurige knielengte romp met ’n sagte sjiffon-bloes waarvan die agterkant (’n lae rug!) versier is met goue en silwer kraletjies. My ouma Rolanda Naudé van Pretoria se helderkleurig, geborduurde palmtassie (dit is tonele van huisies) sorg vir good luck. Sexy, swart seemsleer skoene met ’n betreklike hoë hak, maar baie gemaklik, van Country Road met “toe cleavage” (“Het jy geweet daar ís so iets?”) rond die uitrusting mooi af. Ek besluit nog hóé avontuurlik ek met my hare gaan raak. Ek dink dit gaan geïnspireer word deur die 80’s… Rooi lippe en naels en smokey oë vir grimering.”

Rolanda Marais in die Januarie 2014-uitgawe van SARIE FOTO: Leana Clunies-Ross

Rolanda Marais in die Januarie 2014-uitgawe van SARIE
FOTO: Leana Clunies-Ross

Die komediant Marion Holm

“Ek is nie dáár nie. Genadiglik is Die Kaap is weer Holms gekeur vir die KKNK. As ek nie kan gaan na ’n funksie nie, dan sê Nataniël altyd vir my: ‘Nee, dit is nie sleg nie, dit beteken jy het werk.’ So, as die ander mense by die Fiëstas is, sal ek waarskynlik in ’n kuitbroek en T-hemp paradeer en repeteer aan my show …”

Die sangeres Magdalene Minnaar

Ek gaan ‘Eks skynheilig’ van Fokofpolisiekar sing tydens die Fiëstas in ’n awesome Kobus Dippenaar-rok met ’n lae oop rug en die mooiste wit kant insetsels. My ‘gewone drag’ is ’n wit Zara-skemerkelkrok wat nousluitend pas met ’n groot val bo en een skouer ontbloot. My hakke is hoog en hare los en krullerig.”

Die aktrise Tinarie van Wyk-Loots

“Dit is mos die perfekte geleentheid om my ivoorkleurige sari wat ek geskenk gekry het van Mauritius, versier met pouveer-blou op die rante bo en onder, asook goue en silwer blinkertjies op die res daarvan, te dra. Die plaaslike skoenmaker Luli Pulani van Kalkbaai het plat goue sandale vir my gevleg vir dié okkasie. En ek dra ’n paar egte pouvere van my ma, Ansie (oorlede), die puntjie van die veer omgedop en vasgevang in ’n pêreltjie (my ma was mal oor pêrels).”

sr1212_insperasie_blad_5_

Tinarie van Wyk Loots het in 2012 vir SARIE se aanlynwinkel model gespeel

Dié geleentheid word regstreeks op 5 Maart om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Gebruik #fiestas2015 en gesels saam op sosiale media.