Het jy gehoor?

Bekendes verklap hul gunsteling-parfuum

Lianie May  Lianie May: Ek is gek na parfuum en het onlangs J’Adore van Dior present gekry. Dit ruik heerlik en dis lekker as mense jou komplimenteer en vra watter parfuum jy dra!
 Sandra Prinsloo Sandra Prinsloo: Ek is mal oor Femme Individuelle van Mont Blanc.
 Nadie Valvekens Nadia Valvekens: Parfuum is ook een van my versamelings. Wie wil nou nie lekker ruik nie? My gunstelinge is Glamourous van Ralph Lauren en Rose One van Dolce & Gabbana. Sag en vroulike geure .
 Michelle McLean Michelle McLean: 212 van Carolina Herrera is my gunsteling!
 Amy Kleinhans-Curd Amy Kleinhans-Curd: My gunsteling-parfuum is Private Collection van Estée Lauder. Ek is mal oor die vars reuk van lenteblomme, want dit herinner my aan die wonderlike somerdae wat op pad is.
  Elzette Maarschalk: Ek gebruik Euphoria van Calvin Klein. Dit het ‘n warm, sensuele geur. My dogter, Zetske (van Pletzen, regs), gebruik dieselfde parfuum. Wanneer ek na haar verlang het toe sy in Frankryk ‘n au pair was, het ek sommer aan die bottel geruik.
 
‘n Ander geur wat ek af en toe gebruik, is Anaïs Anaïs. Die pienk een – dis lig, vars en blommerig.
 

Cindy Nell Roberts: Ek dra graag Michael Kors in die dag. Wanneer ek dit aanhet, vra almal daaroor.

Saans dra ek graag Dior Addict. Dit is baie ryker en sterker en herinner my altyd aan my wittebrood, of my tye in Italië op seiljagte. Dis ‘n wonderlike, ryk reuk wat nie te oorweldigend is nie en tog die hele aand hou. Selfs die onderste note in die parfuum tel jy ure later op, maar nie te dominant nie.

  • Petro Doman

    Geure kan mens nogal aan iemand laat dink! My oudste seun (nou ‘n man van 23) het my eendag in trane by die kleuterskool hek ingewag en gevra hoekom het ek hom nie vanoggend toe ek hier was, kom haal nie. Ek verduidelik ek was nie daar nie, het heeldag tog gewerk? Hy se toe nee, hy het my geruik. Die onderwyseresse het ‘n demonstrasie van Avroy Schlain gehad en hy het my parfuum – Perfect – geruik. Dra dit tot vandag nog en dink elke keer aan hom as ek dit aan het. 🙁

  • Katrien Bruwer

    My gunsteling parfuum is Kate Moss, maar ek gaan beslis bietjie ruik aan die selebs se gunsteling reuke! Dankie vir ‘n interessante tydskrif.

  • petra godfrey

    Ek geniet TABO. nogals baie !

  • Irina Snyman

    Coco van Chanel dit is die wonderlikste geur,my man het dit altyd vir my gekoop ,nou ruik ek aan my bottel parfuum as ek na hom verlang en onthou die goeie tye saam.

  • Elsa

    Vera Wang!

  • Freda Ferreira

    My gunsteling is Beautiful van Estee Lauder of White diamonds van Elizabeth Taylor

  • Greta

    Red Door…….al die pad….

  • Carmen Martens

    Lacoste Touch of Pink is my gunsteling, maar ek hou ook baie van Be Delicious van DKNY! 🙂

  • Maritha

    Maritha Strydom

    Swarovski se AURA dit het ‘n ongelooflike reuk en dan my ou gunsteling ANGEL van Thiery Mugler

  • Fiona

    Ek is al jare ‘n groot aanhanger van Issey Miyake parfuums. Dit ruik vars en skoon en ek is mal oor die minimalistiese karakter daarvan.

  • Marie le Grange

    Estee Lauder se Pleasure Delight ruik heerlik aan my en is dol daaroor.

  • Jeannette Raymond

    Issy Mikyake L’EAU D’ISSEY vir my – dit maak my dag.

  • Adéle

    My gunsteling is Paris van Yves Saint Laurent (ook my man se gunsteling) en ek wissel dit af met Angel van Thierry Mugler – veral die Angel bly heeldag saam met jou!!

  • ROZELLE NANCE

    DKNY – BE DELICIOUS, ANGE OU DEMON – GIVENCHY, BEAUTY – CALVIN KLEIN, MILLION IN ONE, VIP – EK LOVE PARFUUM

  • Suzette

    Ek het 4 gunstelinge, bedags dra ek graag Aromatics van clinique, in die Somer dra ek graag Flower by Kenzo en wissel dit af met Anais Anais (pink)bottel en vir spesiale geleenthede het my man vir my narcosco rodriguez for her gekoop en dit ruik absoluut betowerend heerlik, sag en ruik asof jy nounet gebad het,

  • karin

    Ek is mal oor Pleasures

  • Monique Lince

    My gunsteling parfuum is Christian Dior Hypnotic Poison, sjoe dit laat my so seksy en vroulik voel 🙂 En dit hou die heel dag!