Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Wie gaan Oscar Pistorius speel in ‘nuwe fliek’?

‘n Bron het glo aan Star Magazine vertel dat die akteurs Ryan Gosling en James Franco dit uitspook om die rol van dié Paralimpiese atleet te vertolk.

“Waar daar ‘n skandaal is, sal ‘n fliek volg!” het die bron gesê.

“Ryan is die natuurlike keuse, want hy lyk baie soos Oscar. Maar James het reeds ‘n dramatiese karakter met ‘n gestremdheid in 127 Hours gespeel. Hy kan maklik die rol opraap en sommer ‘n toekenning ook daarvoor kry!”

Maar in dié stadium is dit eintlik nog spekulasie, aangesien die gereg nog sy loop moet neem om te bepaal of Oscar skuldig is.

Ryan GoslingJames Franco