FOTO Instagram @televisionacad

FOTO Instagram @televisionacad

Het jy gehoor?

Wie het met die Emmys weggestap?

Die grootste aand van TV het pas klaargemaak en ons is opgewonde oor ons gunsteling-programme wat met die Emmy-beeldjie weggestap het. 

Die aand was vol opwinding. Nie net het die rooitapyt-modes die kollig gesteel nie (kyk bietjie later op SARIE.com na moderedakteur Amaria Carstens se keuse van die mooiste rokke), maar die aanbieder, Jimmy Kimmel, het hom goed van sy taak gekwyt. Sy ma het ook vir die gehoor grondboontjiebotter-toebroodjies gemaak en die jong akteurs van Stranger Things het dit (in karakter én in kostuum) aan die gehoor uitgedeel.

Nog nie gehoor van Stranger Things nie? Dit is die nuwe reeks op Netflix wat almal aan die praat het. Drie van die jong akteurs, Millie Bobby Brown, Gaten Matarazzo en Caleb McLaughlin, het die Emmy-aand hul eie gemaak toe hulle ook voor die toekenningsgeleentheid Bruno Mars se “Uptown Funk” vir die gehoor gesing het.

Waaroor praat almal?

1) Die Stranger Things-akteurs (oor bogenoemde redes).

Stranger Things have happened. #Emmys

A video posted by Television Academy (@televisionacad) on

 

2) The People v. O.J. Simpson wen groot, maar

3) Game of Thrones stel ’n rekord op en is nou die reeks wat die meeste Emmys nóg gewen het. Frasier het vir 12 jaar die rekord gehou met 37 toekennings. Game of Thrones het vanjaar hul 38ste een gewen.

4) Julia Louis-Dreyfus wen vir haar rol in Veep wat haar die mees bekroonde vroulike komediant maak. (Veep wen ook beste komedie-reeks). Haar pa, die biljoenêr William Louis-Dreyfus, is Vrydag oorlede en sy het haar toekenning aan hom opgedra.

5) Netflix is groot. Netflix het 9 toekenings ontvang vir hulle programme. Dit is die derde meeste van die aand. Net HBO en FX Networks is bo Netflix.

Hier is van die aand se groot wenners

Dramareeks Game of Thrones

Komediereeks Veep

Minireeks of fliek The People v. O. J. Simpson: American Crime Story

TV-fliek Sherlock: The Abominable Bride 

Geselsprogram Last Week Tonight With John Oliver

Akteur in komediereeks Jeffrey Tambor, Transparent

Aktrise in komediereeks  Julia Louis-Dreyfus, Veep

Akteur in dramareeks Rami Malek, Mr. Robot

Aktrise in dramareeks Tatiana Maslany, Orphan Black

Akteur in minireeks of fliek Courtney B. Vance, The People v. O. J. Simpson: American Crime Story

Aktrise in minireeks of fliek Sarah Paulson, The People v. O. J. Simpson: American Crime Story

Kry die volledige lys by emmys.com.