mirror_mirror
Het jy gehoor?

Spieëltjie, spieëltjie . . . wie is die wreedste koningin?

Miljoene dollars word tans bestee om twéé flieks oor Sneeuwitjie te maak, en albei is geskeduleer vir 2012.

Mirror Mirror word beskryf as ’n donkerder weergawe van die sprokie waarin Sneeuwitjie en die sewe dwergies hul koninkryk probeer terugneem.

Snow White and the Huntsman handel weer oor die jagter wat Sneeuwitjie in die woud moet gaan doodmaak. Hy word dan haar mentor en saam probeer hulle die wrede koningin tot ’n val bring, maar daar is nie dwergies in dié weergawe te sien nie.

Die akteurs vir albei weergawes is indrukwekkend en dis moeilik om nou reeds te voorspel watter een die gewildste gaan wees. Benewens die twee Hollywood-sterre in die rol van die koningin, is Kristen Stewart van Twilight-faam en Lily Collins van The Blind Side in onderskeidelik Snow White and the Huntsman en Mirror Mirror te sien.

Wie dink jy gaan die rol die beste vertolk, Julia of Charlize?

   Charlize Theron

Kyk hier na Mirror Mirror se lokprent 

Kyk hier na Snow White and the Huntsman se lokprent 

  • Mari Jones

    Ek dink Charlene het "the more evil look in her eyes" hehe

  • Liezl

    Na ek die 2 lokprente beloer het, wil dit vir my voorkom asof Charlize die kroon sal dra as die wreedste…

  • Madelein Smit

    Altwee lyk uitstekend !!! Kan nie meer wag nie !!!!

  • Sorine Swanepoel

    Albei is briljant – die een wreed, die ander een snaaks. Ek gaan beslis albei rolprente kyk!

  • Tamz

    Ek is nog altyd gek na sprokies – en nou is ons so gelukkig om sommer 2 weergawes van Sneeuwitjie te kan sien! En ja, Charlize blyk meer wreed te wees. Seker omdat Julia Roberts my dink aan die "girl next door" en Charlize se "Monster" my altyd sal bybly, lol

  • Vix

    Ek stem saam! Charlize lyk die wreedste. Sy is voorwaar ‘n pragtige vrou…evil of te nie!