Het jy gehoor?

Wie is Leonardo DiCaprio se nuwe vriendin?

Die blondine is die 26-jarige Aferdita Dreshaj, ‘n skoonheidskoningin van Kosovo. Leo en Aferdita is onlangs saam gesien op vakansie in Miami.

Aferdita het aan E! News gesê dat hulle nie ’n paartjie is nie. “Ons kuier net saam as vriende.”

Aferdita Dreshaj

Maar wat dié twee in Miami gedoen het, moes lekker gewees het, want sy het getwiet: “Boooohhh! Crazy day!”

Aferdita was onder die top 16 finaliste in die Mej Heelal kompetisie in 2011 en is ook ’n sangeres. Sy kan nou op die loopplanke van die New York modeweek gesien word.

Die 38-jarige akteur se voormalige verhoudings sluit in die modelle Kristen Zang, Emma Miller, Gisele Bündchen (links), Bar Refaeli (regs) en Erin Heatherton.

Gisele BündchenBar Refaeli

Dit wil tog voorkom of hy ‘n baie spesifieke smaak het. Wat dink julle van sy keuse in meisies?