Voormalige Mejj. SA's - Melinda Bam, Amy Kleinhans-Curd en Suzette van der Merwe FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Wie is Mej. SA werklik?

Die verantwoordelikheid om die nuwe Mej. SA te kies is vanjaar in vyf beoordelaars se hande, van wie drie splinternuut op die paneel is.

Die nuwe beoordelaars is die voormalige Mej. SA Amy Kleinhans-Curd, tydskrifredakteur, digter en skrywer Kojo Baffoe, en die model en TV-persoonlikheid Bonang Matheba, wat ook die plaaslike gesig van Revlon is. Dié drie sluit by die radiopersoonlikheid Anele Mdoda en tydskrifredakteur Pnina Fenster aan.

Amy Kleinhans-Curd se Mej. SA

Amy Kleinhans-Curd FOTO: Phyllis Green

Amy Kleinhans-Curd
FOTO: Phyllis Green

“Mej. Suid-Afrika moet ’n jong, volwasse vrou wees wat haarself goed ken en raaksien hoe sy hoop en inspirasie na die land se jeug kan bring,” sê Amy wat daarna uitsien om deel van die paneel te wees en ’n jong meisie die geleentheid te gee om haar lewe vir altyd te verander.

Amy gesels met SARIE

“Ek het al dié pad gestap en het ’n indiepte-begrip van wat nodig is om ’n goeie Mej. SA te wees,” sê sy.

Kojo Baffoe soek dít in Mej. SA

Kojo Baffoe FOTO: verskaf

Kojo Baffoe
FOTO: verskaf

“Sy moet ’n ware ambassadeur wees wat op verskeie vlakke kan deelneem met intelligensie, grasie, menslikheid, selfvertroue en – die belangrikste – betroubaarheid,” sê tydskrifredakteur Kojo.

Revlon se Bonang soek na …

FOTO: Bonang Matheba vir Woolwoths (Verskaf)

FOTO: Bonang Matheba vir Woolwoths (Verskaf)

“Ambisie, skoonheid, persoonlikheid en selfstandigheid is ’n moet,” som Bonang, wat haar eie reeks onderklere by Woolworths ontwerp het, die eienskappe op wat sy in die ideale Mej. Suid-Afrika soek.

Die 12 semi-finaliste in vanjaar se kompetisie is Abigail de Jager, Anzél Stofberg, Caylene Marais, Dipalesa Mbola, Jade Hubner, Julia Petersen, Matlala Mokoko, Mishka Patel, Rolene Strauss, Tidimalo Sehlako, Tshegofatso Monggae en Ziphozakhe Zokufa. Lees hiér meer oor vanjaar se finaliste.

Vanjaar se 12 semi-finaliste FOTO: Debbie Yazbek

Vanjaar se 12 semi-finaliste. FOTO: Debbie Yazbek

Mej. SA het ook vanjaar ’n nuwe baadjie aangetrek met Elana Afrika wat die kompetisie op TV aanbied.

WAT DINK JY, WIE IS DIE VOLGENDE MEJ. SA? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!