Vanjaar se 12 semi-finaliste FOTO: Debbie Yazbek

Het jy gehoor?

Wie is ons volgende Mej. SA?

Die Top-12 finaliste in vanjaar se Mej. Suid-Afrika-kompetisie is pas bekend gemaak. Watter een dink jy sal gekroon word as Suid-Afrika se mooiste skoonheid?

Dié finaliste – drie van Gauteng, drie van die Wes-Kaap, twee van die Vrystaat en een van elke ander provinsie in die land – gaan nou aan ’n Mej. SA boot camp deelneem, waar hulle in verskeie uitdagings teen mekaar sal meeding. Dié uitdagings sluit ’n televisie-advertensie vir Cell C, ’n pannekoek- en kolwyntjie-bakkompetisie en ’n unieke loopplankvertoning in.

Hier is die Top-12 finaliste. Watter meisie is jóú gunsteling?

Abigail de Jager (19)

Abigail profile lg

Abigail, oorspronklik van Nelspruit in Mpumalanga, is ’n tweedejaarstudent in BCom Besigheidsbestuur by Maties. Haar gunsteling-gereg? Broccoli!

Anzél Stofberg (22)

Anzel profile lg

Anzél, wat van Stellenbosch is, het al aan die Ysterman 70.3 deelgeneem en is mal oor die TV-reeks Suits. Sy doen tans haar honneursgraad in rekeningkunde by Maties. Haar pa is Theuns Stofberg, die oud-Springbokkaptein.

Caylene Marais (23)

Caylene_Marais_med

Caylene het BA Tale by Tukkies studeer. Vandag is sy die hoof van kommunikasie by die organisasie World Shakers History Makers. Caylene, van Roodepoort, se pa is ’n sjef.

Dipalesa Mbola (22)

Dipasela profile lg

Dié Bloemfonteiner het ’n BCom-graad in bemarking agter haar naam en studeer tans vir haar honneurskwalifikasie in besigheidsbestuur. Sy neem al vandat sy sewe jaar oud is aan skoonheidskompetisies deel.

Jade Hübner (21)

Jade profile lg

Dié Kaapstadse student se hoogtepunt van haar pad in die Mej. SA-kompetisie sover is die kos! Sy is mal oor dans, sang en kitaarspeel.

Julia Peterson (22)

Julia profile lg

Julia, van Durban, is ’n professionele model wat mal is oor oefening. Sy lees graag motiveringsboeke en is veral mal oor Bollywood-flieks.

Mtlala Mokoko (23)

Matlala_Mokoko_med

Mtlala studeer BCom (Rek) aan die Universiteit van Johannesburg, maar kom oorspronklik van Limpopo. As sy die Mej. SA-kompetisie wen, sal sy graag oud-president Thabo Mbeki wil ontmoet omdat sy glo hy het baie wysheid om te deel uit sy lewenstorie.

Mishka Patel (21)

Mishka profile lg

Dié model van Stellenbosch het besigheidsbestuur studeer en beplan ook om ’n kursus in toerisme aan te pak. Sy is mal daaroor om te reis en meer oor nuwe plekke te leer.

Rolene Strauss (21)

Rolene profile lg

Rolene, ’n Bloemfonteiner, het in Volksrust in Mpumalanga grootgeword. Sy studeer medies by Kovsies en luister na onder andere Theuns Jordaan, Riana Nel en Retief Burger se musiek.

Tidimalo Sehlako (22)

Tidimalo_Sehlako_med

Dié skoonheid van Vereeniging het ’n kursus in joernalistiek en bemarking aan Monash Universiteit studeer. Haar rolmodelle sluit haar ma, Oprah Winfrey, Beyoncé en Maya Angelo in.

Tshegofatso Monggae (20)

Tshegofatso_Monggae_med

Tshegofatso, van Roodepoort, studeer BCom Entrepreneursbestuur aan die Universiteit van Johannesburg. Haar droom is om oor die volgende 10 jaar vulstasies en franchises te besit en te bestuur.

Ziphozakhe Zokufa (22)

Ziphozakhe profile lg

Sy woon in Kaapstad, is ‘n student in TV-vervaardiging by AFDA en werk terselfdertyd as model. Sy was eers ’n professionele sangeres wat die land én haar provinsie oor die hele wêreld verteenwoordig het.

WAT DINK JY? WIE IS DIE VOLGENDE MEJ. SA? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!