FOTO Skermgreep

FOTO Skermgreep

Het jy gehoor?

Wie op aarde is Mielie?

Almal ken vir Marinda Senekal, die gewilde panfluitsensasie, en haar album Holriete. Maar ken jy haar kleinsus, Mielie?

Op Karen Zoid se kykNET-program Republiek van Zoid Afrika het kykers ’n blik op Marinda se persoonlike lewe gekry in die mini-realiteitsreeks Keeping Up With Marinda. Maar dis veral haar ma, Muisie, en suster, Mielie, wat die maagspiere laat werk.

SARIE.com het met Mielie Senekal gesels oor haar lewe as ’n Senekal en haar soektog na haar regte pa.

14813086_10154036829267217_311424022_o

FOTO Verskaf

1. Wie’s Mielie – as jy jouself moet opsom?

My pa het my naam verkeerd gespel op die geboortevorms. Hy was seker ’n paar doppe sterk. Ek moes Milinda gewees het. Toe spel hy dit Mielienda, en nou noem hulle my Mielie. Die grootste krisis in my lewe is dat ek nie weet wie my pa is nie. Hy het kort ná my geboorte die pad gevat. My ma sê ek was ’n lelike babatjie, dis hoekom hy gewaai het. Ek hou van liedjies skryf en ek dra my suster se panfluit. Sy tree by ouetehuise en feeste op, of hulle haar nou nooi of nie. Haar fluit is baie groot, want sy sê sy lyk vet met ’n klein panfluit. En sy is mos die panfluitsensasie van Suid-Afrika. Karlien van Jaarsveld is my beste vriendin en ek sal graag hare soos sy wil hê.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

2. Hoe’t jou lewe verander sedert jou suster bekend geraak het? Herken mense jou in die strate?

Mense stop my om ’n Holriete-CD te koop. Die meeste van die tyd bly ek maar by die motor as ons uitgaan mall toe of na shows toe. My ma vertrou nie die car guards nie.  

3. Jy soek nou na jou pa. Wie dink jy/hoop jy is jou pa?

Ek het eers gedink dis Bobby van Jaarsveld, want ek lyk ’n bietjie soos hy, maar hy het gesê ek lyk vir hom baie na Steve (Hofmeyr). So ek dink dis dalk Steve. Daar is definitiewe trekke, veral as jy na ons kuiltjies op die linkerwang kyk.

FOTO: Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

4. Wie is jou gunsteling-kunstenaar en hoekom?

Steve.  

5. Is jy trots om deel van die Senekal-trio te wees?

Ek dra net die panfluit, maar ek wil eendag ook ’n sanger word. Ek dink dis in my bloed.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Dís hoekom jy jou hare twee keer moet was

5 wenke – skep ’n luukse voorkoms