FOTO: United States Department of State

FOTO: United States Department of State

Het jy gehoor?

Wie sal Hillary Clinton in nuwe fliek speel?

Rodham is die nuwe biografiese rolprent wat handel oor die jonger jare van dié voormalige Amerikaanse presidentsvrou en minister van buitelandse sake. Dit fokus spesifiek op die tydperk waartydens Hillary Clinton (née Rodham) ‘n prokureur in Washington was. Dít is ook die tyd van die Watergate-skandaal.

Vogue berig dat Scarlett Johansson eerste in die ry is om Hillary te vertolk, maar ander aktrises wat ook vir die rol in aanmerking kom, is Jessica Chastain (Zero Dark Thirty), Amanda Seyfried (Lés Miserables) en Reese Witherspoon. Nie een van die aktrises het al hul moontlike betrokkenheid bevestig nie. 

James Ponsoldt is die regisseur van die film. Hy is baie in sy skik met die aktrises wat moontlik dié rol kan vertolk. “Hulle is almal wonderlike aktrises. Ons is gelukkig dat baie goeie aktrises belangstel in die rol.”

Ongeag mense se politieke voorkeure of hoe hulle oor Hillary voel, kan niemand stry dat sy ‘n intelligente vrou met ywer is nie. Net ‘n talentvolle aktrise sal dié eienskappe kan vertolk.

Scarlett JohanssonReese WitherspoonAmanda SeyfriedJessica Chastain

Wie dink julle sal ’n goeie Hillary speel?

Ander aktrises wat al presidentsvroue gespeel het

Katie Holmes het Jackie Kennedy gespeel in die minireeks The Kennedys.

Laura Linney (The Truman Show) het Abigail Adams gespeel in die rolprent John Adams. Abigail was die vrou van John Adams, die eerste vise-president en die tweede president van Amerika. Sy was ook die ma van John Quincy Adams, die sesde president van Amerika.

Elizabeth Banks (The Hunger Games) het die rol van Laura Bush vertolk in W.

Joan Allen (Face/Off) het Pat Nixon gespeel in Nixon - ‘n rol wat aan haar ‘n Oscar-benoeming besorg het.

Addisionele bronne: Vogue en People