lily_collins
Het jy gehoor?

Wie se model-dogter is dit dié?

Lily Collins (22) is die dogter van die Grammy-wenner en wêreldbekende sanger Phil Collins. Sy was al in flieks soos The Blind Side (met Sandra Bullock) en Abduction. Nou is Lily in haar eerste hoofrol in Mirror Mirror: The Untold Adventures of Snow White te sien.

“Hierdie weergawe van Sneeuwitjie is ietwat anders. Sy’s modern, en dis pret! Dis ook die rol van die dwergies om my liggaamlik en emosioneel voor te berei en sterk te maak,” het Lily vir ETonline gesê.

Nóg oor Lily

  • Sy is ook op die Maart 2012-uitvou-voorblad (die Hollywood-uitgawe) van Vanity Fair saam met opkomende sterre soos Rooney Mara, Jessica Chastain, Mia Wasikowska en Jennifer Lawrence.
  • Die media berig dat sy en Zac Efron nou ‘n paartjie is. Die tyd sal leer …

  • Jackie

    Wonder maar net – Hoekom trou die kinders van bekendes so jonk? Wat mis hulle? Wat hoop hulle om te vind?

  • Amba Bamba

    Die arme vrou se bors hang uit…geen wonder sy is al getroud nie!