piers_morgan_www.mirror.co.uk
Het jy gehoor?

Wie vervang CNN se Larry King?

Larry King (76) het sy aftrede aangekondig en die een wat nou sy stoel gaan volsit, is Piers Morgan van America’s Got Talent-faam.

Morgan sê: “Om King op te volg is soos om Frank Sinatra by die Sands te vervang.” Larry King se laaste program sal op 16 Desember uitgesaai word, berig Yahoo-nuus.

Piers sal in Januarie by King oorneem. Sy geselsprogram het nog nie ‘n naam nie, maar sal in 200 lande wêreldwyd uitgesaai word, berig www.mirror.co.uk.

“Ek sien uit daarna om my eie styl van onderhoudvoering na die wêreld se grootste, en beste, TV-nuus-organisasies te bring.” Hy sê nie of hy kruisbande gaan dra nie …

Larry King Live is al sedert 1985 op die lug. Gróót skoene om te vul.

Wie sou jy wou hê moes Larry King vervang?

  • http://apahrtjdxmia.com/ flewzrzdqv

    toImpv arslhtyrkjko, [url=http://hobrjehrizlb.com/]hobrjehrizlb[/url], [link=http://ovlhcgaeqish.com/]ovlhcgaeqish[/link], http://jpdxqakkarfh.com/