reeva_steenkamplr
Het jy gehoor?

Wie was Oscar se meisie, Reeva Steenkamp?

Reeva het vroeg Donderdagoggend by die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se huis in Johannesburg aan skietwonde beswyk.

Sarit Tomlinson, Reeva se PR-agent het aan Sky News gesê: “Sy was ’n vriendelike meisie. Hulle was ’n paartjie vir die afgelope paar maande en dit was ’n fantastiese, gesonde verhouding. Sy was ’n opkomende ster. Daar was soveel beplan vir haar. Sy was aan die grens om te ontplof in die media. Sy was ’n baie talentvolle slim jong meisie.”

Reeva is in Kaapstad gebore, maar het in Port Elizabeth grootgeword. Sy het ses jaar gelede Johannesburg toe getrek, berig Destiny Man. Sy het in die regte studeer en was bekend as ’n FHM-voorbladmeisie. Sy was ook die eerste gesig van Avon.

Reeva het in die werklikheidsreeks Tropika Island of Treasure Show (Season 5) gespeel. Die eerste episode word Saterdag op SABC 1 uitgesaai, berig MediaSlut. Hieronder is die lokprent vir die nuwe reeks waarin Reeva ook verskyn:

Sy was ’n regstreekse televisie-aanbieder vir die FashionTV-kanaal in Suid-Afrika. Sy was ook besig met verskeie televisierolle. Sy het al gewerk vir groot maatskappye soos Toyota, FHM, Clover en die Italiaanse handelsmerk Zui.

Reeva se familie is bekende perde-afrigters in Suid-Afrika.

  • Alta

    Ons innige simpatie aan haar familie en Oscar. Kan my net indink deur watter hel hy ook nou gaan. Ons gebede vergesel julle.

  • Freda

    Dit is sooooo tragies! Ek kry hulle almal so bitter jammer!

  • Marie Erasmus

    dit is so hartseer en die mees tragiese ding wat albei ouer pare en Oscar kon oorkom. Ek weet nie hoe hulle dit ooit gaan verwerk nie, net die Here sal hulle daarmee kan help. Ons gebede gaan met hulle. Oscar se selfverwyt gaan nog jare aan hom vreet. Hy het nou almal se ondersteuning nodig en nie simpel grappies en …jy moes dit anders gedoen het … nodig nie. Ai Oscar ek wens ek kon jou ‘n stywe drukkie gegee het Liefde Tannie Marie

  • Lezette Snyman

    ????? Wat ‘n bizarre situasie. Sal maar moet wag om te hoor wat regtig gebeur het voor mens jou opinie kan gee.

  • Amanda

    Dis verskriklik!! Ons gebede is met albei se families!

  • Michelle

    Dis verskiklik. Hy, sowel as sy familie plus haar familie moet almal nou deur absolute hel gaan. Mag hulle krag kry vir dit wat voorle. Sy was ‘n pragtige mens gewees. Dis so ‘n jammerte dat so iets met mens kan gebeur. Hoe verwerk mens dit. ??? Dis net die Here wat kan help.

  • Johan

    Tragies vir beide families. Sy was so ‘n pragtige mens. Ek kan my inbeeld deur watter hel Oscar op die oomblik gaan. Ons dra almal op in ons gebede.

  • Nina

    Spell Check.

  • Nicolene Otto

    Dit is n tragiese gebeurtenis en ek is so jammer vir haar geliefdes. Sterkte aan Oscar. Dit kan nie maklik wees nie. Gebed is nou al antwoord.

  • Herman

    Dit is tragies dat 2 jong mense se lewens op so ‘n wyse tot stilstand moet kom.Ons gebede is by altwee die families in die tyd van rou.Vrae sal gevra word en bespiegelinge sal daar wees,maar met bystand sal die Families weer hulle koppe optel en die wereld in die oe kyk.

  • Annne-Marie

    Dit is bitterlik hartseer!

  • Christa Temple

    Dit is baie tragies, om 2 sulke jong mooi mense se lewe tot n einde / stilstand moet kom. Vir Oscar le daar n harde pad voor maar met gebede en ondersteuning is niks ontmoontlik nie. Sterkte aan die 2 families ons dra julle in ons gebede op.

  • stella

    Ek vul so jammer vir Oscar en al di families betrokke…en ook dat Reeva se lewe so tragies mus eindig…ek bid God vir vertroosting en krag vir hule.

  • Anne-Marié

    Ek is bitter jammer vir almal hierby betrokke – dit is baie hartseer. Ons kan net vir hulle bid vir krag – niemand weet wat die doel agter hierdie tragedie is nie. Maar ons Vader bring nie iets oor ons wat Hy dink ons nie kan hanteer nie – sterkte vir almal. XX

  • Louise

    Die ou duiwel het weer soos n brullende leeu geloop en soek waar hy verwoesting kon saai…dit is tragies vir albei partye en hulle geliefdes! Mag Jesus vrede gee in hierdie moeilike tyd en dat julle vrae beantwoord sal word deur Sy Genade! Oscar, wees sterk en hou moed……as Jesus VIR jou is, wie kan dan TEEN jou wees!!! Sterkte

  • Patrick Kemoeti

    Ons kannie kies watter gebeurtenisse ons moet deurmaak nie. In hierdie oomblik van tragedie vir albei families is dit die beste om vir hulle te bid. Ons moet glad nie nou bespiegelinge rondgooi nie. Ons kan hulle juis ondersteun deur te bid. Die Here ken die beste. Hy sal hulle bewaar en deurdra…..ons moet net bid. Sterke Oscar ons bid vir jou.

  • Bekkie

    aan beide ouer pare,baie sterkte met dit wat vir julle voorle,al wat ek kan noem,moet nie begin om verwyte rond te gooi nie,ondersteun mekaar,al is dit ook hoe swaar,Oscar,baie jammer om te hoor. net jy en die Hemelse Vader weet vandag wat gebeur het…mag jy vrede vind by HOM,want net HY alleen kan jou help.mag jy jou vertroue op HOM sit,Hy is die weg en die waarheid.

  • Patrick Kemoeti

    Ons kannie kies watter gebeurtenisse ons moet deurmaak nie. In hierdie oomblik van tragedie vir albei families is dit die beste om vir hulle te bid. Ons moet glad nie nou bespiegelinge rondgooi nie. Ons kan hulle juis ondersteun deur te bid. Die Here ken die beste. Hy sal hulle bewaar en deurdra…..ons moet net bid. Sterke Oscar ons bid vir jou.

  • Bb

    Het nog nooit van hom gehou nie daar is iets in sy oe wat nie lekker is nie…
    Eks somr spyt ek het die sarie tydskrif gekoop met om op die voorblad.

  • Margaret Schoeman

    Vir my sal valentynsdag nooit weer dieselfde wees nie… Ek was gelukkig om Oscar Pistorius persoonlik te ontmoet. Wat ‘n aangename, vriendelike jongman. The boy next door. My hart gaan uit na albei families.

  • corrie

    Sal bid vir vrede en kalmte vir almal wat betrokke is, dit is net asof die liefde vandag se tyd niks meer beteken nie, wat word van die wereld, dis baie hartseer.

  • Jacqui

    Dit is n verskriklike tragedie vir albei van die families! Ons voel so jammer vir die pragtige vrou wat haar lewe op so n wrede manier verloor het! Dit moet ook vir Oscar se familie loutere hel weesom hierdie tragedie deur te maak. Sterkte aan beide families.

  • Suzette

    Jammer Johan en Alta, julle het nie ‘n idee waardeur Oscar en sy en Reeva se familie gaan nie. Ek dink regtig waar nie ‘n mens kan jou daarin dink tensy jyself in so ‘n posisie was nie.
    Reeva se familie: ons bid vir julle vir groot krag en genade en mag God jul styf in Sy liefdevolle arms toevou.
    Oscar en familie: ons bid ook vir julle en dat ook julle God se liefdevolle arms om julle sal voel.

  • Louise

    My hart is so seer, as ek so voel hoe moet die families nie voel nie. Geen mens weet wat deur hul
    koppe gaan nie. Al wat ek kan se is sterkte vir albei families. Oscar sterkte vir jou ook. Die Here is
    met jul almal.

  • Piet du Toit

    Wat ‘n tragedie , dat jong mense se lewens so tragies verwoes is. Hy was goeie ambasedeur vir SA . My hart gaan uit na beide se familie.

  • Raymond Sterley

    Dis so sad. Maar wat niemand moet vergeet nie is dat dit gebeur het weens die angs en spanning waaronder wit mense moet leef nie. Jy koop vir jou n eiendom in n sg "security estate" en dan huur die kriminele binne die estate en bestuur hulle geweld daarvan af. Jy probeer nie iemand 3 uur in die oggend verras nie. Eniige man sal so optree. Jy verwag n swarte wat kom steel en inbreek. Daar is n fyn lyn wanneer om n vuurwapen se sneller te trek. Sterkte Oscar en almal se familie.

  • Anna

    Wat ook al daar gebeur het, sal niemand werklik weet nie. Maar wat dit ook al was, my hart gaan uit vir Oscar, sy familie en Reeva se familie. Oscar nou moet jy bid en onthou net, God is net sover soos wat jou kniee van die grond af is. God laat jou nooit alleen nie. My hart gaan uit na jou en ek weet dat jy die waarheid weet en dat jy die regte ding sal doen. Niemand mag jou oordeel nie, die oordeel is in God se hande!

  • sandra smit

    God het die mooiste engel kom haal. Sterkte aan Die families.

  • Sonia Kruger

    Ek kry die mense bitter jammer. Ai tog!!..kry daardie kind so jammer. ‘n Pragtige Reeva het haar lewe verloor op ‘n tragiese wyse en ‘n talentvolle jongman wat ‘n rolmodel is vir so verskriklik baie kinders en mense se lewe is in ‘n japtrap omgedraai. Oscar ek bid vir jou dat God jou sal dra deur hierdie verskriklike moeilike tyd, asook vir Reeva se familie. Baie sterkte ou maat!

  • Elna

    Dit is baie hartseer. Dink aan albei gesinne, net Oscar en die Here sal weet wat daar gebeur het.

  • Danie

    Niemand maar niemand kan nou al oordeel nie…

  • Zelda

    Ai Oscar, ou maat, wat het jy gedoen?

  • Masabata Tekane

    Ek is ook haartseer vir die Steenkamp/Pistorius se families.

  • AD

    Tragies, DIE GEREG MOET SY PAD VAT!!

  • M Geldenhuys

    Marie het gese
    Baie sterkte aan die ouers aan beide kante. Ai Oscar my hart bloei. Baie sterkte.M Geldenhuys

  • Rina

    Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip opneem en stenig, aan die mense wat so maklk oordeel, niemand weet wat gebeur het nie, dit is maklik om te oordeel, en jy sal geoordeel word. mense ons almal woon in huise van glas. jy kan nie se dit sal nooit met my gebeur nie, ons het almal kinders, kleinkinders en familie. Alle sterkte aan die families, hierdie is n moeilike stryd.

  • Elizabeth

    Laat ons asseblief net almal ons waardigheid behou en nie skinder en annames maak nie. Laat ons asseblief onthou die oordeel kom ons nie toe nie. Laat ons asseblief net almal onthou wat Oscar al gedoen en beteken het vir sovele mense. Laat ons asseblief bid vir vrede en vergiffenis vir Reeva se familie. Laat ons asseblief bid vir Oscar se familie.