sarah_jessica_parker_015_1024x768
Het jy gehoor?

Wie in Hollywood word die meeste betaal?

Die boonste posisie word gedeel deur Sarah Jessica Parker en Angelina Jolie, wat albei ’n fenomenale $30 miljoen verdien het in 2010.

 

www.go4celebrity.com

Sarah Jessica Parker het haar tjek vir die fliek Sex and the City 2 en heruitsendings van dié gewilde TV-reeks gekry.

 Angelina Jolie

www.go4celebrity.com

Angelina Jolie het In the Land of Blood and Honey geskryf én die regie behartig. Saam met die flieks Salt en The Tourist het dit haar met die gedeelde eerste plek laat wegstap.

 Jennifer Aniston

www.go4celebrity.com

In die tweede plek is Jennifer Aniston, wat $28 miljoen verdien het vir haar rolle in Just Go With It, Horrible Bosses en The Bounty Hunter.

 Reese Witherspoon

www.go4celebrity.com

Reese Witherspoon is gesamentlik nommer twee vir flieks soos Anywhere But Home, Water for Elephants en haar nuutste rol in This Means War, wat pas klaar verfilm is.

 Julia Roberts

www.go4celebrity.com

Eat, Pray, Love het vir Julia Roberts ’n plek op dié lys verseker. Sy het in die laaste jaar $20 miljoen verdien.

 Kirsten Swewart

www.imdb.com

Die Twilight-ster Kristen Stewart het vir haar rol as Bella ook $20 miljoen in haar sak gesteek.

 Katherine Heigh

www.go4celebrity.com

Katherine Heigl van Grey’s Anatomy-faam het vir haar spel in Killers en The Ugly Truth $19 miljoen verdien.

 Cameron Diaz

www.go4celebrity.com

Cameron Diaz het vir, onder meer, Bad Teacher $18 miljoen gekry.

 Sandra Bullock

www.go4celebrity.com

Die 2010-Oscar-wenner Sandra Bullock het $15 miljoen verdien.

 Meryl Streep

www.imdb.com

Terwyl veteraan-aktrise Meryl Streep vir haar rol in The Iron Lady, wat later vanjaar in teaters begin wys, $10 miljoen gekry het.

Daar word reeds voorspel dat die lys heelwat anders gaan lyk in 2012, aangesien Reese Witherspoon se How You Know en Julia Roberts se nuwe fliek, Larry Crowne, albei onsuksesvol is.

Alhoewel dié aktrises sakke vol geld verdien, kom hulle steeds nie naby hul mans-eweknieë nie. Johnny Depp beklee die top-posisie onder die manne met $75 miljoen in 2010. Dan volg Ben Stiller en Tom Hanks, wat albei steeds meer as Angelina en Sarah Jessica Parker verdien het met $45 miljoen.

  • Tania

    Sjoe, dis bedrae wat ek nie eers kan inneem nie. En dis in dollars. Ek hou baie van Reese Witherspoon, Jennifer Aniston en Sandra Bullock.

  • Karin

    Almal baie goeie aktrises