FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só wil Kate Middleton haar kinders grootmaak

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, wil haar kinders so normaal moontlik grootmaak en wil hê die jong koninklikes moet met kinders van hul ouderdom speel en te doen kry, berig Hello!

Wanneer prins George en prinses Charlotte groot genoeg is, beplan hul 33-jarige ma om hulle onderskeidelik na die Scouts en Rainbows te stuur, wat sal verseker dat hulle prettige en leersame interaksies met ander kinders het.

Kate werk sedert 2013 as ’n vrywilliger by die Scouts. Sy het verlede jaar een van dié groepe besoek toe die kinders gebak-en-brou het en meer oor gebare taal geleer is.

Volgens E! Online het sy onlangs gesê haar kinderjare was wonderlik en sy wil dieselfde vir haar kinders bied.

Bronne: Hello! en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!