Screen Shot 2017-04-20 at 10.15.40 AM
Het jy gehoor?

Sepiesterre in Willem Botha-musiekvideo

Willem Botha is ’n man van vele talente: Hy is ’n fotograaf, akteur, sanger en aanbieder. Ná vyf jaar se stilte word sy nuwe album Soen & Vergeet op 5 Mei vrygestel. Maar dis nie al mylpaal wat dié blondekop vier nie: Hy het hierdie week 30 geword! 

Môre word die musiekvideo vir sy nuwe enkelsnit, “Soen & Vergeet”, vrygestel. In die video verskyn die akteurs Sean van Noordwyk en Anlia van Rensburg, beter bekend as Reitz en Sasha van Getroud met Rugby.

Willem deel spesiaal agter-die-skerms-foto’s met SARIE.com. En dit lyk omtrent romanties!

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Screen Shot 2017-04-20 at 10.14.42 AM

Foto Verskaf

Screen Shot 2017-04-20 at 10.14.53 AM

FOTO Verskaf

Screen Shot 2017-04-20 at 10.15.08 AM

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Willem het al in sy 30 jaar ’n paar lesse geleer. Hy deel 5 belangrike lesse spesiaal met ons.

Wat is die vyf lesse wat jy al geleer het? 

1. Alles in die lewe vat tyd en alles gebeur op die regte tyd. Moenie iets probeer ryp druk nie. Wanneer dit jou tyd is, is dit jou tyd.

2. Moenie dinge afjaag nie. Ek het dit al keer op keer gesê en besef dit weer met my nuwe album wat nou uitkom. Jy moet jou tyd neem om die beste produk uit te kry.

3. Neem alles om jou in. Ons is so geneig om te jaag en skarrel dat ons vergeet om vir ’n oomblik stil te staan en net die lewe om ons in te neem en te beleef.

4. Maak tyd vir jou familie. Omdat my familie so ver bly, probeer ek altyd soveel as moontlik tyd inwerk om saam met hulle te spandeer. Al is ek net twee dae op ons plaas op Riversdal, voel dit soos ’n maand se vakansie.

5. Lag meer en sien eerder die positiewe in die lewe. Ja, daar is baie donker en negatiewe dinge in ons land en in die lewe, maar ek verkies om eerder die mooi in iets of iemand te sien. Ek glo regtig wat jy uitsit, sal jy terugkry.

FOTO Facebook

FOTO Facebook

As jy nog van die maak van die video wil sien, kyk Bravo! vanaand om 20:00 op kykNET (kanaal 144). Aanbieder Tracey Lange het bietjie gaan inloer.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Baanbreker steeds vol woema ná 50 jaar!

Julia Roberts is People se mooiste!

Angelique se tweede vlog vir Jacques Jr.

  • Meri

    Baie geluk aan Willem Botha !
    Ek is so bly hy het ‘n nuwe album wat uit kom !
    Sien ook uit na die video met Sean en Anlia, my favorite akteurs.
    They are so well suited.