Het jy gehoor?

Willem Botha soos jy hom nog nie gesien het nie!

Sangsensasie Willem Botha is die nuwe ambassadeur vir die gesogte handelsmerk Carrera Eyewear, asook die SA onderklere-reeks Bone Wear. Eden se Jay en die sanger, akteur en Survivor-deelnemer Izak Davel is ook ambassadeurs vir Bone Wear.

Dié 23-jarige het die musiekbedryf met mening betree toe hy as 18-jarige in 2006 Die Burger Plusster geword het. Dieselfde jaar is hy as naaswenner in kykNET se Afrikaanse Idols-reeks gekroon en in 2007 is hy as Beste Nuweling by Huisgenoot se Tempo-toekennings aangewys.

Sy nuutste album, Sê my nou, is vanjaar vir ‘n Sama in die afdeling Beste Sokkie-dansalbum benoem. Hy het ook onlangs sy eerste internasionale toekenning gewen by die EuroStar Awards, wat deur Eurovision aangebied is. Voorts speel hy in die SA musiekblyspel Liefling met Bobby van Jaarsveld in die hoofrol. Dié fliek begin in September draai.

Sexy, nè!

  • WOW!!!!!!! Sy gesig sal enige iets verkoop.

  • s burger

    Willem het mooi grootgeword!! En fantasties ontwikkel in die musiekbedryf – kon ‘n volwassenheid in sy shows sien ( Self confidence) wat gaan lei tot groot hoogtes! Go Willem Go!!

  • Megan

    BREATH TAKING!! If this doesn’t get people buying these merchandise, then I don’t know what will.

  • Judy

    Ag nee man! Sal nie stry nie, mooi was nog altyd mooi, maar hoekom is sy kieliebakke geskeer? En so ook sy borskas?

  • Marinette

    Trots op jou, Willem!*

  • Illse Freylinck

    Ek wil nie snaaks wees nie, maar waar is sy onderarmhare?

    Willem Botha is en was nog altyd ‘n ondergemiddelde kunstenaar. Ek wens hom alle sterkte toe, maar Carrera kon verseker ‘n beter promosie van stapel gestuur het.

  • Fiefie

    Ag nee, die knapie het armhare soos ‘n vrou. Vrouens wil MANS sien!!!!

  • 1YKNEd cncgabitnexq, [url=http://vximahnjopku.com/]vximahnjopku[/url], [link=http://ktibnbzqxqtg.com/]ktibnbzqxqtg[/link], http://knvfjwxrpcdd.com/

  • leandre

    Die eerste keer toe ek hom sien wou ek sommer met hom trou ek is lief vir you Willem jy is my held ek dink jy is perfek gebou. lief lief lief lief lief lief lief you

  • Juanita

    ja well no fine, ek weetie so mooi nie – niks onderarm hare nie…..

  • Francois

    Ek stem, hoekom so androgien

  • coetzee

    Weet julle, borshare, armhare, beenhare, onderarmhare maak nie saak nie! ‘n Man is ‘n man…. in hierdie geval ‘n sexy man!! hy het die lyf, gesig en talent… los die ou dat hy sy lewe kan leef soos hy wil. ek is gay, het onderarmhare, beenhare en armhare…. ek skeer dit nie, want ek dink dit lyk sexy by my, willem dink weer anders! moenie die ou kritiseer op wat hy dink sexy lyk by hom nie!

  • Amanda

    Stunning!!!!!!!!!